Limpopo Kampplekke
Limpopo Kampplekke Soekresultate
Suid-Afrika se mees noordelikste provinsie, naamlik die Limpopo provinsie, is 'n land met asemrowende landskappe, gekaraktiriseerd by warm savanna vlaktes en mis-bedekte bergreekse en oeroue inheemse woude en broombome wat langs plantasies voorkom. Vir natuurliefhebbers, is dié area volop in wildplase, natuurlike erfenis gebiede en natuurreservate, die noordelike deel van die provinsie huisves ook die wêreld bekende Kruger Nasionale Park.
Die hele provinsie is die perfekte plek vir bergfiets roetes, kano- en kajak vaarte, seilvaart, seilplankry, lugbalon ritte, perdry, forel visvang en hengel. Limpopo is die primêre voëlbesigtiging bestemming en bied ongelooflike natuurlike landskappe, sowel as interessante kultuur erfenis gebiede met fassinerende aktiwiteite en ook selfry roetes.
Daar is veskeie welbekende landskappe in die Limpopo provinsie, die Waterberg Bergreeks strek oor 5 000km² en bied aan besoeker 'n unieke historiese-, kulturele- en asemrowende ervaringe.
Besoek die natuurlike warmwaterbronne en ontspan beide jou liggaam en gees, die Nuylsvley vleilande is 'n paradys vir voëlkykers met 'n groot verskeidenheid watervoëls.
In die Makapans Vallei is 'n groot en byna volledige rekord van menslike bewoning, wat tot meer as 3 miljoen jaar terug dateer, in die tyd van die Aap-mens.
Limpopo is bekend vir sy Kremetartbome, oorvloed dierelewe, verskeidenheid bergreekse, vleilande en kultuur. Daar is 'n wye verskeidenheid oorde, privaat- en Nasionale Wildreservate, spa oorde, rivier oorde en berg oorde beskikbaar wat aan kampeerders en toeriste 'n keuse bied. Dus keer hulle keer op keer terug.


