My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd
Sorteer
Filter
Sorteer volgens
Sorteer
Filter volgens
Kampplek Akkommodasie
Kampplek Tipe
Kampplek Fasiliteite
Filter

Waterberg Kampplekke

Die Waterberg streek is aan die westelike deel van Limpopo geleë en is die tuiste van die welbekede Marakele Nasionale Park, 'n paradys vir 4x4 entoesiaste. Die streek is ryk in kultuur, geskiedenis en wilde diere; die streek bied aan besoeker 'n wye verskeidenheid aktiwiteite en uitstappies. Besigtig die Groot 5 of geniet 'n staproete in die berge, die Nylsvlei vleilande is die tuiste van die grootste aantal watervoëls in Suidelike Afrika en meer as 200 spesies kan daagliks besigtig word. Hoogpunte: Die Waterberg bergreeks, Nylsvlei Voël- en Natuurreservaat, Afrika Ivoor Roete, warm mineralebronne, Marakele Nasionale Park, Mokopa Reptiel Park, Thaba Kwena Krokodilplaas, San rotstekeninge, Schlesinger Grot, Renoster Museum, Bela-Bela Dam, Bela-Bela Waterfront, die Ou Lokomotief by Modimolle, Anglo Boere Oorlog Gedenktekens, gholf, perdry, wildbesigtiging, staproetes, 4x4 roetes, voëlkyk, bergfiets roetes, visvang, watersport, rivier vaart, vierwielmotorfiets ritte en kleiduif skiet.