Noord-Kaap Kampplekke
Noord-Kaap Kampplekke Soekresultate

Indien jy werklik van alles af wil wegbreek, is die Noord-Kaap die perfekte provinsie vir jou. Kom en ervaar ware rus en vrede, terwyl jy die Noord-Kaap se top toeris aanloklikhede kan geniet - avontuur vakansies, riviervaart, 4x4 roetes, dinosourus voetspore en wandelpaaie in die berg; die lenteblomme en die ongelooflike Augrabiesvalle is die hoof aanloklikhede.
Hierdie provinsie is saamgestel deur pragtige Karoo vlaktes in die suide, die Kalahari woestyn in die noorde en rivierplantegroei langs die oewer van die kragtige Oranjerivier. Die Oranjerivier word rof en luidrugtig gedurende die reënseisoen, veral in die area van Augrabies.
Die Bo-Karoo streek verander in 'n tapyt van blomme na die eerste somer reën. Die Namakwaland streek is beroemd vir sy jaarlikse, buitensporige blomme vertoning wat gedurende Augustus tot Oktober, plaasvind. Wanneer vakansieganger en toeriste hierheen reis om die Augrabiesvalle te sien, is dit raadsaam om in Namakwaland te vertoef, dit is naby genoeg aan die Augrabiesvalle en hul kan terselfdetyd die Oranjerivier agea verken.
Regdeur hierdie wonderlike provinsie van die Noord-Kaap, kan jy by ongelooflike vakansie oorde vertoef, wandel op wildplase, verken die 4x4 roetes, besoek die natuurreservate wat elke boksoort denkbaar huisves en geniet die totale ervaring van hierdie provinsie, terwyl jy rus vir jou liggaam en siel geniet in perfekte harmonie met die natuur.

