Groen Kalahari Kampplekke
'n Streek met dramatiese kontraste, waar die rooi duine van die Kalahari woestyn die welige groen paradys van die Oranjerivier Vallei ontmoet. Die skouspelagtige Augrabiesvalle Nasionale Park en die Kgalagadi Oorgrenspark, bied aan besoekers 'n ongerepte omgewing en ongelooflike wildbesigting aan. Beide parke is 'n toevlugsoord vir talle wild- en voël spesies. Hierdie interessante en lewendige streek van die Noord-Kaap is perfek vir verkenners, 4x4 verslaafdes, stappers en diegene wat na ontspanning en rus hunker. Hoogpunte:

Augrabiesvalle Nasionale Park, Kgalagadi Oorgrenspark, Witsand Natuurreservaat, Boegoeberg dam, Eselkloupan fossiel spore, Riemvasmaak Warmwaterbronne, Kakamas Rotstuinroete, Kanoneiland, Tierberg Natuurreservaat, Verneukpan Soutpan, San Rotstekening roete, Broodboom woud, Ritchie waterval, Kalahari Oranje Museum, jag, wandelpaaie, 4x4 roetes, myntoere, rivier vaart, soutpanne, bootvaart, visvang en historiese gedenktekens.
Groen Kalahari Kampplekke Soekresultate
Wys tans 1 tot 12 van 16 resultate