Mountain Splendour Eco-Resort
23.6km vanaf Winterton, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Informasie
Gelee op n 80hektaar plaas in die skouspelagtige Champagne Valley, Sentraal Drakensberg.
Die oord spog met pragtige uitsigte, baie geriewe, uitstekende diens en baie vermaak vir beide kinders en volwassenes.
Dit alles in 'n veilige en verfrissende omgewing. Pragtige bome verskaf uitstekende skadu vir die ruim staanplekke, elkeen met sy eie kragpunt en braaigeriewe.
Geriewe sluit netjiese, skoon, gemeenskapllike- en privaat ablusie-geriewe in.
Daar is ook 'n 20m swembad, tennisbane, 'n groot speelgrond vir kinders,'n diereplaas, bergfiets-bane, 'n fietswinkel en piekniekplekke.