My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd
Sorteer
Filter
Sorteer volgens
Sorteer
Filter volgens
Kampplek Akkommodasie
Kampplek Tipe
Kampplek Fasiliteite
Filter

Vrystaat Kampplekke

Gekoester in die hartjie van Suid-Afrika, is die Vrystaat. Hierdie juweel bied aan besoekers 'n magdom ervaringe aan, van die sandsteen berge van Golden Gate tot die blou waters van die Gariepdam. Vertoef by een van die vele karavaanparke en kampeerterreine en ervaar eerstehands die gasvryheid van die Vrystaat.
Nuutste Oord Gradering
Dimalachite Rivier Lodge
Vrystaat, Parys
22
Aantal Evaluering: 22
20   
2
Voltooi: 22 Apr 2026
Tipe Oord:
Familie met kinders: 6
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0
Danke Schon Gastehuis en Karavaanpark
Vrystaat, Winburg
1
Aantal Evaluering: 1
1   
0
Voltooi: 29 Mar 2026
Tipe Oord:
Familie met kinders: 1
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0
Casa Cara Lodge
Vrystaat, Parys
6
Aantal Evaluering: 6
5   
1
Voltooi: 06 Okt 2025
Tipe Oord:
Familie met kinders: 6
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 0
Reyneke Park
Vrystaat, Bloemfontein
14
Aantal Evaluering: 14
11   
3
Voltooi: 08 Aug 2025
Tipe Oord:
Familie met kinders: 3
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 4
Weltevrede Vakansieoord en Karavaanpark
Vrystaat, Parys
28
Aantal Evaluering: 28
28   
0
Voltooi: 12 Jun 2025
Tipe Oord:
Familie met kinders: 6
Partytjies en Jong Klomp: 0
Stil en rustig sonder kinders: 1

Caravan and Camping, Free State, South Africa  Goue mielie lande bedek die vlaktes van die Vrystaat, onder die oppervlakte word 'n rykdom van goud en diamante versteek. 

Skilderagtige sandsteen kranse, uitgekap oor die jare deur wind en weer, vorm 'n ongelooflike vertoning van blink koper gekleurde formasies wat hoog bo die landskap toring. Bergpasse gaan deur hierdie berge en verleen aan beskoekers en toeriste 'n ongelooflike uitsig.

Die prag van die Vrystaat lê in die hoogland landskap, plaaslike gemeenskappe, herdenktekens en skilderagtige dorpe en stede. Die Vrystaat bied 'n verskeidenheid vakansie-oorde, kampeerterreine en akkommodasie aan.

Hier, in die Vrystaat, is talle wildspesies in hul natuurlike habitat hervestig. Die Vrystaat spog ook meet ongeveer 460 voëlspesies vir die entoesiastiese voëlkykers.

Pragtige oorde word naby damme en riviere gekoester, dié bied watersport vir hengelaars, seiljagvaarders en ander sport entoesiaste aan. 'n Wye verskeidenheid fasiliteite en vermaaklikheids opsies is beskikbaar aan besoekers. Ongelooflike gholfbane is gereed vir jou om jou eie “birdie” of “eagle” los te slaan.

Welige en diverse plantegroei versier die skilderagtige berge in die ooste, eindelose vlaktes in die middel, 'n rotsagtige dagsoom in die suide, Acacia bosveld in die noord-wes en San rotstekeninge in die ongelooflike sandsteen kranse. Die Vrystaat is die perfekte bestemming vir vakansiegangers en toeriste. Geniet die vryheid wat die natuur verleen, die vriendelike inwoners en die ongelooflike landskappe.

Climate Chart for BethlehemClimate Chart Bloemfontein