Motheo Kampplekke
Motheo, met vriendelike en gasvrye inwoners, is in die hartjie van Suid-Afrika geleë. Motheo huisves die regterlike hoofstad in Bloemfontein, die stad van rose. Besoek Kings Park waar daar meer as 4000 roosbome in die park voorkom. By Naval Hill, in die middel van die stad, is die Franklin Wildreservaat. Dié wildreservaat het swartwildebeeste en 'n verskeidenheid boksoorte wat in die reservaat voorkom. Motheo bied ook 'n wye verskeidenheid binnehuise- en buitemuurse aktiwiteite aan. Kom en ervaar die gasvryheid van die Motheo inwoners eersehands. Hoogpunte: Bloemfontein Botaniese Tuine, Dieretuin, Nasionale Museum het die grootste versameling van fossiele en argeologiese ontdekkings, Loch Logan Waterfront, Naval Hill en die Franklin Wildreservaat, Mmabane Kultuur Sentrum, Rustfonteindam en Wildreservaat, Thaba Nchu Sun, die jaarlikse Roosfees, Kings Park, Princes Garden, Oliewenhuis Kunsgallery, SA Millitêre Museum, woonbuurt- en kultuur toere, wildbesigtiging, visvang, water sport en plaaslike kuns en kunsvaardigheid sentrums.
Motheo Kampplekke Soekresultate
Wys tans 8 resultate