Xhariep Kampplekke
Die Xhariep streek is kenmerkend met die wye grasvlaktes en 'n skouspelagtige hemelruim bedek met sterre. Hierdie streek bied aan besoekers die kans om rustig te verkeer en te ontspan by een van die baie damme, die Gariepdam is die grootste in die area. Die "Eye of Zastron" is 'n vreemde rotsformasie in die Aasvoëlberge. Die area bied ook jag, wynkelders, myn museums, kunsgallerye, plaaslike kunst en kunswerke, staproetes, verskeie kultuur-ervaringe en dae van ontspanning aan. Hoogpunte: Die Gariepdam, Myn museums by Jagersfontein en Koffiefontein, die "Eye of Zastron", Eufeeskloofdam, Mayaputi Natuurreservat, Landzicht Wyn landgoed, Laurens van der Post herdenkteken naby Philippolis, O-Wagon monument naby Bethulie, Tussen-die-riviere Natuurreservaat, Wilgemund Natuurreservaat, Hippopotamus Cave naby Zastron, wildbesigtiging, jag, staproetes, historiese monumente en gebiede, Boere-Oorlog toere en kultuur uitstappies.
Xhariep Kampplekke Soekresultate
Wys tans 6 resultate
Vind Suid-Afrika Vrystaat Xhariep Kampplekke deur Dorp