PSA Vakansieoord
8.1km vanaf Oos-Londen, Oos-Kaap, Suid-Afrika
Informasie
Ons is toegewyd om jou met rus en ontspanning te bederf. Sommige van die beste soutwater visvang kan geniet word, gekombineer met onbesoedelde en ~n veilige swem strand maak dit ~n uitstekende vakansie opsie.
Die oord is 'n voel en natuur liefhebber paradys!
Die oord beskik oor 10 volledige toegeruste chalets - die meeste met see-uitsig, met 'n keuse van 2 of 3 slaapkamers en 110 semi-skaduryke staanplekke vir karavane en tente.
Om gemoedsrus te verseker is die oord omring deur elektriese veiligheidsheining.