Sonskynkus Kampplekke
Die Sonskynkus spog met die mees unieke en ongerepte strande in die land. Verken die area en ontdek skipbreuke, interessante museums en kilometers en kilometers goue strande. Port Alfred is 'n klein dorpie waar besoekers op die strand kan ontspan, geniet 'n staproete in die area, spieshengel, perdry of net 'n blaaskans van jou keuse. Die Sonskynkus is bekend vir ongelooflike branderplankry, visvang areas, historiese gebiede, museums en gedenktekens, sowel as vriendelike inwoners en verskillende kulture. Hoogpunte: Bayworld, die wêreld se grootste pynappel by Bathurst, Queenspark Dieretuin, die "Valley of Ancient Voices", staproetes, perdry, visvang, historiese gebiede, museums, strande en watersport.
Sonskynkus Kampplekke Soekresultate
Wys tans 1 tot 12 van 19 resultate
Vind Suid-Afrika Oos-Kaap Sonskynkus Kampplekke deur Dorp