My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd

Suider Afrika, 25 van die Beste

21. Sterrekyk - Sutherland, Noord-Kaap
21. Sterrekyk- Sutherland, Noord-Kaap

Sutherland is die tuiste tot die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond, dit het ook die koudste temperature in die land. Die koue aande bied bied uitstekende sterrekyk aan besoekers. Staar na die Melkweg sowel as ruimte beelde. Kyk elke aand na die sterre of gaan op ‘n uitstappie na SALT - Suidelike Afrika se Grootste Teleskoop, of na SAAO - Suid-Afrikaanse Sterrewag. Die Suid-Afrikaanse Sterrewag bied ‘n geleentheid aan besoekers om ‘n ongelooflike aand onder die sterre deur te bring, bring die hele familie saam. Dit is ‘n ongelooflike geleentheid om meer te leer en selfs ‘n romantiese aandjie saam iemand spesiaals te geniet.  

22. Sonsondergangs vaarte - Choberivier, Botswana
22. Sonsondergangs vaarte – Choberivier, Botswana

Klim saam op een van die ponton bote en vaar op die Choberivier, in die Chobe Nasionale Park, in Botswana. Sit terug en ontspan met jou gunstelling drankie en hou jou kamera byderhand, want sodra die Afrika son sak, maak die diereryk gereed om water te kom drink by die rivier. Wildbesigtiging is ongelooflike en mens kom amper binne aanraking met sommige van die diere, veral olifante, krokodille, seekoeie, kameelperde, leeus, sebras, boksoorte en ‘n wye verskeidenheid voëlspesies.

23. Branderplankry - Jeffreysbaai, Oos-Kaap
23. Branderplankry – Jeffreysbaai, Oos-Kaap

Jeffreysbaai in die Oos-Kaap is die ideale branderplankry gebied vir beide beginners sowel as professionele branderplankryers. Die perfekte plek vir die perfekte branders, gaan swem en geniet branderplankry terwyl die branders een na een na die wit strande rol. Gryp jou branderplank en raak aktief! Die warm Indiese oseaan bied verskeie gebiede aan om branderplankry te geniet, insluitend “Kitchen Window”, “Tubes”, “Super Tubes”, “Point” en “Albatross.”

24. Riviervaart - Zambesi Rivier, Zimbabwe & Zambië
24. Riviervaart – Zambesi Rivier, Zimbabwe & Zambië

Die Zambesi Rivier bied Graad5 stroomversnellings aan. Die stroomsversnellings gaan deur die Bakota Kloof, dit is laer as die Victoriavalle en is ingewikkeld en gevaarlik met steil hellings en 'n groot volume water . Die beste tyd om hierdie aktiwiteit te geniet is tussen Julie en Februarie, wanneer die watervlak laag is. Met stroomversnellings genaamd ‘against the wall’, ‘stairway to heaven’ en ‘devil’s toilet bowl’ kan jy verseker wees dat dit ‘n eens in ‘n leeftyd rit gaan wees.

25. Zip Lining - Sun City, Noord-wes
25. “Zip Lining” – Sun City, Noord-wes

Meer as 208 meter hoog en 2 kilometer lank, wat tot 140km per uur kan gaan,is dit die langste “Zip Line” in die wêreld. Dit neem slegs 4 minute om met die staal kabel af te gly wat op sommige plekke 100m vanaf die grond is en by ander slegs 4.5m. Enkel en tandum ritte is beskikbaar en adrenalien verslaafdes van die ouderdom van 12 jaar af kan hierdie aktiwiteit geniet. ‘n Ongelooflike ervaring wat voel of dit net te vinnig klaar is, jy sal beslis terugkeer vir nog ‘n rit!