My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd

Suider Afrika, 25 van die Beste

4. Diepsee Visvang - Bazaruto Archipelago, Mosambiek
Diepsee Visvang – Bazaruto Archipelago, Mosambiek
Die Bazaruto Archipelago is ‘n versameling van vier eilande, Bazaruto Eiland, Benguerra Eiland, Magaruque Eiland en die Santa Carolina Eiland. Die warm water van die Indiese Oseaan en die koraalriwwe lok ‘n wye verskeidenheid seevisse. Waar die seevloer diep in die Mosambiekkanaal daal, is waar groot sportvisse gevind word, insluitend die Swartmarlyn, bloumarlyn, gestreepte maryn, seilvis, katonkel, barrakuda, ‘n verskeidenheid tunavis, Wahoo en Mahi-Mahi.
5. Wildbesigtiging - Kruger Nasionale Park, Mpumalanga
Wildbesigtiging– Kruger Nasionale Park, MpumalangaAs die vlagskip vir Nasionale Parke, bied die Kruger Nasionale Park wat meer as 2 miljoen hektaar Afrika bosveld beslaan, die beste Groot 5 besigtiging aan. Die park bied ‘n verskeidenheid besigtigings opsies aan, van selfry en begeleide wildritte, skemer wildritte, 4x4 avontuur ritte, wandelpaaie in die bosveld en wildernis roetes aan.Behalwe vir die Groot 6, is die Kruger ook die tuiste van ‘n aantal verskillende spesies: 336 bome, 49 visse, 34 amfibië, 114 reptiele, 507 voëls en 147 soogdiere.
6. Geckoing - Hazyview, Mpumalanga
Geckoing – Hazyview, Mpumalanga
“Gecko” stroom af in ‘n klein eenman vlot wat jy beheer met gewebde handskoene. Dit is tonne pret en is veilig vir jou familie en vriende. Die graad1stroomversnellings is opwindend en al is die helling steil en die rivier smal, kan jy met die rivier afdryf met gemak terwyl jy nie sukkel om die vlot te stuur nie. Vir diegene wat nie braaf genoeg is om die graad5 stroomver-snellings aan te pak nie, is “Geckoing” die perfekte alternatiewe opsie wat nogsteeds jou adrenalien kan laat pomp.
7. Sweef - Howick, KwaZulu-Natal
Sweef – Howick, KwaZulu-Natal
Vasgegordel in jou sitplek aan die voorkant van die sweeftuig, gereed om te gaan! Die wenas begin en in ‘n kwessie van sekondes is jy in die lug en sweef jy moeiteloos op die lugstrome. Jy kan vir kilometers ver in alle rigtings sien en die enigste geluide is dié van die lug soos dit oor die sweeftuig gaan. Vlugte kan so lank as 30 min of so kort as 5 min duur, afhangend van die wind en die lugstrome op die dag. Geniet ‘n piekniek onder skadubome terwyl julle beurte afwag om die sweeftuig te gebruik.
8. Wandelpaaie - Golden Gate Hoogland Nasionale Park, Vrystaat
Wandelpaaie – Golden Gate Hoogland Nasionale Park, VrystaatIn die hartjie van Suid-Afrika staan die rooi sandsteen berge van Golden Gate Wandelpaai wissel van 1 tot 5 uur roetes tot die 2-dag Rheebok Wandelpad wat meer as 32km dek. Die pragtige landskap, oorvloedige voël- en dierelewe, tesame met die diep blou Vrystaat hemel en kristal helder waterstrome, maak Golden Gate een van die beste plekke om wanderlpaaie in ons land te geniet. Wandelpaaie oorkruis die ruwe landskap en gedurende die winter is word die area gewoonlik met sneeu bedek.
9. Perdry - Wildekus, Oos-Kaap
Perdry – Wildekus, Oos-Kaap
Of jy ‘n ervare ruiter of a senuweeagtige beginner is, is perdry pret vir die hele famiie. Ry langs die strand met die branders wat teen die perde se hoewe kabbel, met die warm seebries wat deur jou hare waai en die warm Afrika son op jou vel, dit is besis ‘n droom wat waar geword het. Ritte word gebasseer op die ervaring van elke ruiter, minder ervare ruiters neem dit rustig en stap of draf gewoonlik maar, terwyl die ervare ruiters ‘n lekker galloppie langs die kus kan geniet.