Suider Afrika, 25 van die Beste
Aliwal Shoal word ongeveer 5.5km vanaf die kus van KwaZulu-Natal, naby Umkomaas, aangetref. Dit is uniek in die sin dat dit aan duikers twee verskillende duik items aanbied, koraalriwwe en skeepswrakke. Gedurende die winter maande (Julie tot September) besoek Skeurtandhaaie en ‘n oorvloed seediere, soos skilpaaie, dofyne, pylvisse, seebaars en verskillende skulpvise die duik gebiede. Hierdie seediere kan gesien word terwyl jy die skeepswrakke, talle grotte en koraalriwwe besoek |
12km vanaf die kus by Gansbaai, slegs ‘n 2.5 uur rit oos van Kaapstad, is een van Suid-Afrika se beste Haaibesigtigings gebiede, “Shark Alley”. Gedurende die winter maande patrolleer Witdoodshaaie die water tussen Geyser Rock en Dyer Eiland, waar hulle robbe jag in die kanaal. Dit bied ook die perfekte geleentheid aan om aangesig tot aangesig te kom met hierdie ongelooflike roofdiere van die oseaan; agter tralies natuurlik. Hierdie aktiwiteit is glad nie vir sissies nie! |
Of jy ‘n ervare valskermspringer is en of dit jou eerste keer is, valskermspring is beslis een van dié aktiwiteite wat jou adrenalien sal laat pomp. Vir diegene wat vir die eerste keer valskermspring is ‘n Tandem valskermspring perfek. Jy beleef dieselfde ervaring as ‘n ervare valskermspringer, maar die instrukteur saam met wie jy spring hanteer al die moeilike werk vir jou. Hoog bo in die lug sal jy die beste uitkyk oor die Limpopo landskap hê en die ervaring sal jou hart beslis laat klop vir meer. |
Sodwanabaai is op die KwaZulu-Natalse noordkus, in die iSimangaliso Vleiland park, geleë. Hierdie wêrelderfenis gebied is een van die beste snorkel gebiede in Suid-Afrika. Jessers Point bied aan diegene wat snorkel ‘n groot beskutte baai met talle getypoele, dié is die tuiste van verskillende korale, tropiese visse, ale en pylsterte. Meer ervare persone kan by “Quarter Mile Reef” gaan snorkel of selfs per boot uitgaan om van die ander riwwe te verken, dalk is jy die gelukkige een om saam met ‘n walvishaai te swem... |
Die suidelike grens is by die Drakensberge en die noordelike grens is die Maluti bergreeks. Die grootste gedeelte van Lesotho is ‘n paar duisend meter bo seevlak. Gedurende die winter maande waar koue weer regoor Suidelike Afrika voorkom, word die Lesotho hooglande in ‘n winter wonderland omskep. Oxbow is 8 000 voet bo seevlak en bied aan besoekers ‘n opwindende steilte van twee duisend voet, terwyl “Eagle Rock” ‘n verskeidenheid hange en ritte aanbied. |