My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd

Suider Afrika 25 van die Beste

10. Lugballon Ritte - Swakopmund, Namibië
10.  Lugballon Ritte - Swakopmund, Namibië

Vroeg oggend maak die Lugballon gereed om gedurende die dramatiese Namibiese sonsopkoms die ope hemel in te vaar. Soos die oggend mis verdwyn ontdek jy ‘n woestyn wat tot by die horison onder jou uitstrek terwyl jy rustig bo die oppervlakte van die aarde hang. Die lugballon volg die lugstome en kan jy die ongelooflike 360º uitkyk oor die Namibiese woestyn geniet. Na jou lugballon rit kan jy ‘n gesonde sjampanje ontbyd in die oggend son geniet.    

11. Kloofing - Hottentots Holland Natuurreservaat, Wes-Kaap
11.  “Kloofing” – Hottentots Holland Natuurreservaat, Wes-Kaap

Volg ‘n bergstroom tot by sy bestemming en dan...spring jy van die rotse af in die poele in, of abseil oor kranse, stap op en af op wandelpaaie, spring van rots tot rots en swem, dit is “Kloofing”. “Suicide gorge” bied adrenalien aktiwiteite aan terwyl jy ‘n waterstroom volg deur ‘n diep kloof, van rots tot rots spring - sommige is meer as 15m hoog. ‘n Sekere vlak van fiksheid word benodig vir hierdie avontuur sowel as ‘n kop vir hoogtes en senuwees van staal.  Glad nie vir sissies nie! 

12. Bergfiets Roetes - Bryanston, Gauteng
12.  Bergfiets Roetes – Bryanston, Gauteng

Die nuutste en grootste doelgeboude Bergfiets Park is ‘n paradys vir enige bergfietsryer. Die park is gebou op die Internasionale Bergfiets Vereniging se standaard en bied meer as 15km roetes aan vir fietsryers van alle vlakke, insluitend kinders. Al die roetes is gegradeer, roetes vir beginners is groen, intermediêre roetes is blou en gevorderde roetes is swart. Daar is ook ‘n verskeidenheid roetes op die Park soos BMX roetes, ‘Pump’ roetes, ‘cross country’ en ‘n ‘Dirt Jump’ roete.

13. Bergklim - Magaliesberg, Noord-Wes
13.  Bergklim – Magaliesberg, Noord-Wes

Die Magaliesberg Bergreeks is een van die oudste bergreekse in die wêreld en strek oor 120km. Dit is die perfekte ligging en  het ook ‘n pragtige landskap wat ‘n ongelooflike ervaring bied aan diegene wat bergklim in die kowe en die kwartsiet kranse. Daar is baie bergklim roetes om van te kies wat varieer in lengte en ervaring. Daar is baie klubs en buitelug avontuur maatskappye wat kursusse en leerskole aanbied vir diegene wat wil rotsklim.  

14. Vierwielmotorfiets roetes - Swakopmund, Namibië
14. Vierwielmotorfiets roetes – Swakopmund, Namibië

Verken die interessante Namib Woestyn met vierwielmotorfietse. Op jou rit deur die woestyn kan jy akkedisse, woestyn verkleurmannetjies en sywaarts bewegende adders. Ry langs die Swakoprivier, op en oor hoë duine en verby die perde-begrafplaas. Leer meer oor hierdie unieke landskap by die asemrowende vistas terwyl jy oor die dramatiese landskap en Atlantiese Oseaan uitkyk. Geen vorige ervaring is nodig om ‘n vierwielmotorfiets te ry nie en roetes wissel van 1 tot 2 ure tot 3-dag oornag roetes. 

15. Sand Boarding - Atlantis, Wes-Kaap
15. “Sand Boarding” – Atlantis, Wes-Kaap

‘n Kort 45 minute se ry by die weskus van Kaapstad en jy arriveer by Atlantis. Hier is reuse, sneeuwit, sagte duine wat aan jou ure se pret bied. Gly met hoë spoed teen die duine af op ‘n hout plank, dit is ongelooflike pret. Jy kan of plat lê op die plank of op die plank staan, dit is baie maklik om te leer. Die Atlantis duine is ‘n bewaringsgebied, die landskap is ongelooflik mooi en die reuse duine kan slegs waardeer word wanneer jy ‘n dag lank hier op die duine baljaar het. Beslis nie iets om mis te loop nie!