Fesile Dabi Kampplekke
Fesile Dabie grens aan Gauteng, sowel as die Vaaldam in die Noordelike Vrystaat. Die Vaaldam is meer as 300 km² en bied aan besoekers eindelose aktiwiteite aan, van visvang, kanovaart, seilvaart, riviervaarte tot rustige familie pieknieke op die oewers van die rivier. Naby die klein dorpie Vredefort is die Vredefort-Koepel, een van die oudste en grootste meteorietimpakstrukture in die wêreld en is meer as 90km wyd en 20km diep. Hierdie botsing met die aarde het 'n bergreeks gevorm in 'n andersins plat landskap. Hoogpunte: Vredefort-Koepel is die derde grootste meteorietimpakstruktuur in die wêreld, Viljoenskron Trekkermuseum, Frankfort sandsteen NG Kerk, Riemland museum in Heilbron, "Green Mealie" teetuin in Kroonstad, Gholf eiland, "Gallery 88" Kunsgallery, Hoogveld-tuine in Sasolburg, Veteraanmotor-uitstalling in Edenville, Boskoppie Roofdier plaas naby Kroonstad, seilvaart, kragbootvaart, riviervaarte, San rotstekeninge, abseil, wildbesigtiging, staproetes, bergfiets roetes en visvang.
Fesile Dabi Kampplekke Soekresultate
Wys tans 1 tot 12 van 25 resultate
Vind Suid-Afrika Vrystaat Fesile Dabi Kampplekke deur Dorp