Vhembe Kampplekke
Hierdie streek spog met die ongelooflike Zoutpansberg bergreeks wat meer as 130km lank is en is ook die tuiste van die oudste San rotstekeninge in die land. Die kremetartboom is 'n algemene aansig in hierdie Streek en hul skrille skoonheid boei selfs die jongste van besoekers. Die Soutpansberg streek het heilige mere en woude, historiese steentydperk rotstekeninge, oeroue Voortrekker ossewa spore, die Groot Limpopo Oorgrenspark en die mees noordelikse toegangshek tot die Kruger Nasionale Park by Punda Maria. Hoogpunte: Ben Levin Natuurreservaat, Inheemse Boom Bewaringsbebied, Stonehenge, Machema Ruïnes, Soutpanne, Bandur Safai Leeus, Die Gat, Beit Bridge, Musina Natuurreservaat, Kremetartwoud, Big Tree, Zoutpansberg Bergreeks, Fort Hendrina, Limpopo Vallei Nasionale Park, Zeederberg se "Mail Coach", Musina Museum, Tshatshingo "Potholes", Thathe Vondo Woud, die Heilige Woud, Mahvhohovho watervalle, Mukumbani dam, Fundudzi meer, Dzata Ruïnes, die Drom Museum, 4x4 roetes, staproetes, rivier vaart, visvang, gholf, wildbesigtiging, bergfiets roetes, voëlkyk en perdry.
Vhembe Kampplekke Soekresultate
Wys tans 1 tot 12 van 15 resultate