My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd

Suider Afrika, 25 van die Beste

1. 4x4 Avonture - Richtersveld Nasionale Park, Noord-Kaap
1. 4x4 Avonture – Richtersveld Nasionale Park, Noord-Kaap

Die |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrens Nasionale Park bied die beste 4x4 roetes aan.  Die ruwe klowe, hoë berge en kilometers en kilometers sandduine, verleen eindelose geleenthede vir jou om jou 4x4 vaardighede te toets. Die unieke landskap, plantegroei en wilde diere van die Richtersveld maak die area interessant en opwindend om in jou 4x4 te verken. Daar is verskeie 4x4 opsies om van te kies, van maklike roetes oor kort afstande tot moeilike roetes van meer as 700km.

2. Reksprong - Bloukranz Brug, Oos-Kaap
2.  Reksprong – Bloukranz Brug, Oos-Kaap

Die wêreld se hoogste reksprong is by Bloukranz Brug naby die Tsitsikamma in die Tuinroete en is meer as 216m hoog. Dit is selfs ‘n ervaring om op die reksprong platform te kom, mens moet meer as 200m langs ‘n spesiale voetpaadjie wandel wat onder die Bloukranz Brug hang. Die Bloukranz brug is Afrika se grootste en hoogste brug, dit is ook die derde hoogste beton enkel-span boogbrug in die wêreld. ‘n Hoë adrenalien avontuur wag hier vir jou!  

3. Grotte - Oudtshoorn, Wes-Kaap
3.  Grotte – Oudtshoorn, Wes-Kaap

Slegs 29km vanaf Oudtshoorn is die Kango Grotte. Hierdie grotte bied die beste, wat grotte kan bied, in Suidelike Afrika. Met drupsteen grotte, groot sale, manjifieke kalksteen formasies, stalaktiete, stalagmiete en “helictites”. Daar is 2 toere beskikbaar, die standaard toer neem jou deur die grotte wat toegangklik is, terwyl die gevorderde toer jou na ‘n vlak van claustrofobie neem waar jy deur small tonnels en byna onmoontlike spasies kruip om by die volgende grot uit te kom.