Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23111 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5988 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 381 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Available stands for Dec
Hi Guys, please help. My kids just decided that they want to go and camp from the 17th of December. Please help with any available stands in KZN. I know I slept way to late.
Chris
Margate caravan park normally have space, but im not sure if the south coast is the place you want to be over December..............
If they have srands available in December, it ssys a lot and nothing good.
Dolphin holiday resort

Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dolphin, as jy plek kry, sal jy nie spyt wees nie, 'n baie lekker park.
MacNicols by Baxley beach.
Mac Nicols Bazley Beach
Scottburgh het nog 58x staanplekke beskikbaar oor Kersfees/nuwe jaar
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Wat gaan aan? Gewoonlik is alles in Natal vroeg reeds opgeneem.
Dit gaan oor die hoë tariewe is my persoonlike opinie, en somige verlang dat mens 'n min tyd moet bespreek.
Dit maak die kostes vir Des baie hoog. Ek myself is maar 'n armgat en sal nooit ooit weer in Des by die Natal se kus kan gaan kamp nie
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Die minimumbesprekingstyd klink soos 'n besliste negatiewe faktor. Maar ek dink nie dit is die afgelope jaar ingestel nie. Geert het reeds verrlede jaar toe hy kampplek in die Kaap gesoek het, na dit verwys so ek dink dit bestaan reeds 'n ruk. Ek weet ook nie van faktore wat ons die afgelope jaar aansienlik verarm het nie. Dit bly 'n raaisel en ek hoop lede wat gewoonlik Desember gaan kamp maar wat besluit het om dit nie vanjaar te doen nie, sal sê waarom hulle so besluit het.
Ons vermy ook reeds lank Desember en trouens alle skoolvakansies sedert ons afgetree het en ons nie meer agv daarvan dat my vrou 'n onderwyseres was, verplig was om in skoolvakansies te gaan kamp nie. Selfs in die Suidkaap het ons gevind dat die kamptariewe oor selfs die Aprilvakansie by munisipale kampe soveel as driemaal so hoog is as buite die tyd hoewel die kampe maar leeg is. As die tariewe billiker is sal die kampe sekerlik meer kampeerders lok en sal die eienaars meer geld maak hoewel hulle minder per kampplek sal kry. Ek kla nie as sulks oor die hoë tariewe nie- ek besef die kampeienaars moet hulle kostes dek en hopelik 'n wins maak, maar hulle moet miskien ook maar kyk na 'n groter omset eerder as groter wins per staanplek.
Ek het nou 20 Desember tot 1 Januarie ingetik by ATKV Natalia. Daar is nog 20x staanplekke beskikbaar vir daai tydperk. Vroeer moes jy lid wees om die voordeel te kon trek om voorkeur besprekings te maak in November vir volgende jaar andersins kry jy nie plek nie.

Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dit is al sedert Covid wat Woonwa parke nie meer vol bespreek is nie.
'n Paar faktore wat daartoe bydrae is onder andere brandstof se pryse, park tariewe, probleme met munisipale dienste, tol gelde en ook die groot aantal vragmotors op die N3 wat roekeloos ry.
KZN het sy aantrekkingskrag as 'n vakansie bestemming verloor en persone wat eiendom besit sukkel selfs om dit teen 'n verlies verkoop te kry.
Ja en dan laas jaar was daar die isue met die sewage in die see Durban en omligende gedeeltes.
Alles dra seker by tot die verminderde besprekings
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Geert het verlede jaar gesukkel om staanplek in die Weskaap te kry. Sou dit dalk daarop dui dat die Gautengers almeer suid ry vir vakansie omdat hulle agterkom dit Kaap bied baie meer as Natal?
Die heelwat duurder sleepkoste is dan seker nie so n groot probleem nie. Of dit kan beteken dat die Kapenaars almeer uitkamp. Onthou dat baie Gautengers suid trek om te gaan aftree en ook vir jonger mense wat gelukkig is om poste daar te kry.
Nee...het ook gedink ons Gautengers gaan meer Kaap toe, maar oral waar ons was, was seker 80-90% Kaap registrasies. As ek in Kaap gebly het sou ek seker ook jaarliks daai rigting gaan vakansie hou het, want dis n 4 ure mooi pad ry soontoe.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het in 2013 al agter gekom dat dit baie goedkoper is om in die Wes Kaap te gaan vakansie hou. Ek het daaityd R6300 betaal vir 'n staanplek 3weke lank vir twee mense vanaf ongeveer 13 Des tot 1ste week in Jan. Die prys vir dieselfde tyd aan die natal se kus was R21000.
Vir my was dit maklik om te besluit dat die brandstof Plett toe goedkoper is as die ekstra R18000 net vir verblyf In daai selfde jaar was daar 'n artikel in die Caravan and Outdoor oor die staanplek kostes aan die Natal se kus.
Ons het toe gekamp by Harkersville Forest Lodge. Het 3 jaar in 'n ry oor Des daar gaan kamp. Die Kaapse oorde het ook meer gewild geraak wat selfs Harkersville het hulle tariewe baie opgesit.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dolhin by Ballito baie goed ,maar maak seker oor die prys daar, Desember baie duur .Ek kamp daar gedurende Febr .Dit was die jaar R 4980 per maand en tariewe sou nou einde Okt opgaan wag nog vir dit .Ek weet sekere deel van Des is dit iets soos R 1900 per dag of meer
Dit is waar die N3 is n riller met n karavaan veral tussen Pietermaritzburg en Durban, daai padbou werke, wat nie klaar kry ,tesame met daai vragmotors ,eintlik lewens gevaarlik .
Ek stem saam. Dis die stuk pad in ons land wat ek die minste van hou, dit maak my benoud elke keer as ons na ons kinders ry. Ek is elke keer verlig as ons lewend anderkant uitkom.
Ek was verkeerd met Ballito se tariewe vir Pensioenarisse gedurende Febr, ek het R 5890 vir die maand betaal .Ek het hulle nou geskakel ,die tariewe het afgekom, is volgende jaar Febr R5000 vir die maand .Ek vermoed die rede is die Kragopwekker wat nie meer nodig is ,want hulle het alle staanplekke krag gegee gedurende beurtkrag .



