Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23110 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5987 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1529 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 380 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
MountainView Inn - Harrismith Terugvoering
Ons het hier oornag oppad na die suidkus toe. Hulle is geleê agter die Engen/Wimpy/Spur kompleks langs die N3 in Harrismith. Ons het lanklaas op sulke mooi groen gras staanplekke gestaan. Alle gras was netjies gesny gewees, badkamers was baie skoon. By aankoms kry jy sleutels by ontvangs vir badkamers. Ons wou oorspronklik hier braai, maar was baie winderig....het toe lekker by Spur gaan eet wat seker 150m vanaf kamp terein is. Dis nie net n oornag oord nie....daar was ander kampeerders gewees wat langer gestaan het oor die netheid en bekostigbaarheid vir Desember tydperk. Hulle tariewe is baaaaie billik. Ons sal beslis weer hier oornag as ons weer oppad Natal toe is en sal hierdie plek graag aanbeveel vir mede kampeerders.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Heerlikste groen gras


Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Netjiese skoon badkamers






Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
â¤


Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜




Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dit lyk netjies daar. Ongelukkig net 'n bietjie ver van my gewone roetes af.
Ek verlaat myself baie op andere se resensies op hierdie webblad se "Ratings". Behalwe vir jou (Geert) se onlangse resensie oor hierdie oord, is daar slegs een ander resensie. Beide gee vir sekuriteit 'n 3 uit 5. Onder die huidige omstandighede in onse liewe land, het ek vir myself 'n minimum vereiste, t.o.v. sekuriteit (asook vir ablusies), van 4 uit 5 gestel.
Wat pla jou (Geert) t.o.v. sekuriteit by hierdie oord - dat dit nie 'n beter "gradering" kry vir sekuriteit nie.
Die kantoor self is nie in die karavaanpark self nie, maar by die chalet gedeelte. Die hek word dop gehou deur ontvangs via n kamera....jy kry ook toegang tot oord via intercom/kamera en bespreking. Ek dink die feit dat ek dit n 3 gegee het was omdat daar paadjie tussen Spur en ontvangs is wat lei na die hele "Garage Complex" met al sy restaurante en winkels.....hierdie paadjie het glad nie n hekkie of toegangsbeheer gehad wat publiek sal stop om net in karavaanpark in te stap nie.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Stem saam. Die veiligheid van die terrein is baie belangrik. Ek kyk ook waar die kampterrein geleë is - Verkieslik nie aangrensend aan hoofpaaie en woongebiede nie.
Aan die anderkant is ons lugtig vir klein afgesonderde kampterreine met min kampeerders.
Ons was by só 'n plek in die nag beroof.😫
Ek het nog nie gehoor van veiligheidsprobleme by die plek nie, maar dit sê natuurlik nie dat dit nie dalk voorkom nie. Die uitsig na die Ooste is egter fantasties met die baie skilderagtige berg sommer naby. Ons het nie meer nodig om halfpad tussen Durban en Gauteng te oornag nie, want ons ry deedae na ons kinders op Ballito en nie meer om te gaan kamp nie, so ons sal waarskynlik nie sommer weer daar oorstaan nie. Ek is nie te opgewonde oor die baie besige winkel en restaurantkompleks nie, sodat ons deesdae eerder by die garage stop net voor jy van die Johannesburg kant af, van Rheenen Pas inry, of die twee garages beide kante van die pad 'n kort entjie noord van Harrismith- ek dink dis dalk Shell. Hulle is stiller.
Ek sien nou n video op facebook hoe spierwit dit gesneeu is hier by Mountainview. As ek geweer het dit gaan so pragtig sneeu daar sou ek graag daar wou kampeer het vir die lang naweek
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Screen shots uit video




Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Lyk mooi Geert.
Dink jy die Sharks sal by Ellis Park kan speel in die koue? Dit gaan min onder 10C waar hulle vandaan kom.
Paul



