Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23229 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18556 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6791 |
| BrianB | 6021 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3908 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1911 |
| Nico | 1835 |
| Hennie Botha | 1734 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1468 |
Mars Lid | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1359 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 931 |
| Fanie | 837 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 680 |
| Durbs | 672 |
| 1Pierre2 | 612 |
| Benkie | 606 |
| Herman | 486 |
| Grompie | 455 |
Platinum Lid | 250 + |
| LEEN | 438 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 328 |
| nyiko81 | 319 |
| captiva | 285 |
| Meerkat | 282 |
Goud Lid | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| Trev1 | 228 |
| Robbie | 225 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
| mplester | 159 |
| Wegisons | 157 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 126 |

BADPLAAS
Eish, ek was lanklaas op die forum!
Voorspoed vir 2013 vir al die kampeerders!
I.v.m. Badplaas, ek kan gou terugvoer gee vir enige iemand wat belangstel. Ons het in Desember vir 'n week daar gaan uitkamp, natuurlik stampvol, die karavane en tente het dit heel na 'n klein dorpie laat lyk. Selfs die chalets en lodges was vol. Die oorvloed dagbesoekers oor naweke en openbare vakansiedae het dit bietjie ongemaklik gemaak, maar ons leef daarmee saam.
Die geriewe sluit in verskeie warm en kouewater swembaddens, water slides vir almal, die "Rinkhals" water slide (groot pret!), put-put baan, klein driving range, 'n foefie slide, go-karts, game drives, tennis bane, restaurant, curio shoppie, volledige winkelsentrum met haarkapper, drankwinkel, slaghuis en apteek op die perseel, ensovoorts.
Ablusie fasiliteite was skaflik en gereeld skoongemaak. Ons het 'n klein water lekkasie by blok nommer 4 gehad, maar die manne het gou daarna omgesien.
Die gees by die swembaddens was fantasties en daar was deurentyd vermaaklikheid en kompetisies en in die aande het verskeie kunstenaars die mense goed kom vermaak, (onder andere Bobbie en Karlien van Jaarsveld, Kurt Darren, Peter Koen)
Ons het die Penta opgeslaan met vol tent en gelukkig was daar genoeg gras en bome om gerieflik te kan kamp. Tydens 'n hewige storm het die terasse van die perseel ook aansienlik gehelp om die vloedwaters, meestal sonder insident, tussen die woonwaens en tente uit te kry. 'n Aangename plekkie gewees, alhoewel ek aanvanklik baie skepties was, sal ek ook verseker weer terugkeer na Badplaas. 
Badplaas altyd lekker en n' bargin,
Was ook lanklaas daar gewees, maar daar is so baie plekke om na toe te gaan dat jy nie maklik by die selfde plekke kan uit kom nie.
We booked in here from 8 Jul to 8 Aug




