Suid-Afrika se Top 10 Gebiede
Die derde grootste canyon in die wêreld met kranse wat meer as 800m hoog is. Bourke's Luck Koklgate, Drie Rondawels, God's Window en Pelgrimsrus is almal in die Blyderivier Canyon. |
Die Wieg van die Mensdom is 'n Wêrelderfenisgebied en is een van die plekke waar die heel oudste hominied- of aapmensfossiele ter wêreld gevind is. Die fossiele is vasgevang in dolomietrotse wat na raming tot 3 miljoen jaar oud is, soos die skedel van Mev. Ples en "Little Foot". |
Die Skouspelagtige Drakensberge is deel van die uKhahlamba Wêrelderfenisgebied. Die sentrale gedeelte van die bergreeks beskik oor 'n groot aantal voetslaanpaaie, wat ook toegang bied tot die rotskuns van die Boesmans. |
Die Golden Gate Hoogland Nasionale Park is geleë in die Vrystaat, teen die voetheuwels van die Malutiberge. Die park is genoem na die goue kleure wat die sandsteen aanneem wanneer die son daarop skyn. Die bekendste van die sandsteenrotse is die Brandwagrots wat bo die park en hotel uittroon. |
Die pronkstuk van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, 2 miljoen hektaar ongerepte natuur met die beste Groot 5 besigtiging in die land. Die park is die tuiste van talle voël spesies, reptiele, klein- en groot soogdiere en talle ander roofdiere. Besoek die Kruger Nasionale Park, Suid-Afrika Kampeer Akkommodasie |
Na die eerste Lente reën word hierdie streek oornag bedek in 'n kleurvolle tapyt van veldblomme en die dor Namakwaland landskap verander in 'n blommeparadys. Dit is ook een van die beste gebiede in die land vir sterrekyk. |
Waarskynlik die mees beroemde berg in die wêreld, Tafelberg vorm die agtergrond vir Kaapstad. Tafelberg is 'n natuurreservaat en daar is talle voetslaanpaadjies en natuur wandelpaaie wat die berg opgaan, of geniet 'n rit in 'n 360° roteerende kabelkarretjie. |
Een van die mees skouspelagtige gebiede in Suid-Afrika. Die tuinroete is 'n paradys vir avontuurlustiges met riviervaarte, die Otter wandelpad, Knysna strandmeer die die hoogste reksprong in die wêreld by Bloukrans. |
Die Oos-Kaap se Wildekus is 'n ongerepte paradys met awemrowende woude en klowe wat tot in die oseaan gaan, klein strande en klein dorpies wat langs die kuslyn voorkom. Alhoewel die Wildekus verwys na die ongerepte natuurskoon het dit ook 'n meer onheilspellende aanspraak op roem, naamik die skeepswrakke. |
Die tuiste van die Steenbokskeerkring, die skouspelagtige Zoutpansberg bergreeks, Kremetartbome en ryk tradisionele kultuur, hierdie gebied spog ook met die heilige Fundudzi meer en die heilige Thathe Vondo Woud. Besoek die Limpopo Provinsie, Suid-Afrika Kampeer Akkommodasie |