Thabo Mofutsanyana Kampplekke
Hierdie area is bekend vir sy sneeu-bedekte sandsteen berge en pragtige landskap. Besoek die Golden Gate Hoogland Nasionale Park en die nabygeleë dorpie Clarens, daarna sal jy nooit wil terugkeer huistoe nie. Die streek is ryk in kunsgallerye en handgemaakte produkte, kultuur ervaringe, historiese gebiede, sowel as interessante dinosourus-toere, boesman tekeninge, watervalle, staproetes en die jaarlikse Kersiefees wat elke November in Ficksburg gehou word. Hoogpunte: Golden Gate Hoogland Nasionale Park, Qwa Qwa Nasionale Park, Sterkfonteindam, Salpeterkrans is die grootste sandsteen oorhang in die suidelike halfrond en is naby Fouriesburg, Seekoeivlei Natuurreservaat, Basotho Kultuurdorp, Langtoondam, Zuluhoek uitkykpunt, Generaalskop uitkykpunt, Wolhuterskop Natuurreservaat in Bethlehem, Titanic Rots in Clarens, Kersiefees in Ficksburg gedurende Novemer, Boesmantekeninge en San rotstekeninge, Mount Everest Wildreservaat naby Harrismit, staproetes, visvang, bergfiets roetes, riviervaart, vierwielmotorfiets ritte, dinosourus-toere, wildbesigtiging en bergklim.
Thabo Mofutsanyana Kampplekke Soekresultate
Wys tans 13 tot 17 van 17 resultate
Vind Suid-Afrika Vrystaat Thabo Mofutsanyana Kampplekke deur Dorp