My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd
Sorteer
Filter
Sorteer volgens
Sorteer
Filter volgens
Kampplek Akkommodasie
Kampplek Tipe
Kampplek Fasiliteite
Filter

Sentrale Kampplekke

Die Sentrale Streek van die Noord-Wes povinsie is die tuiste van die provinsiale hoofstad, Mafikeng. Bekend as die Stad van Welwillendheid, Mafikeng is 'n floreerende stad en bied aan besoekers die perfekte oornag fasiliteite aan wanneer hulle na Botswana reis. Met groot, oop vlaktes en ruig bosveld, bied die Sentrale Streek aan besoekers 'n bestemming met rus, vrede en ontspanning; terwyl avontuurlustiges nogsteeds die perfekte speelgrond kan geniet en die area te voet, 4x4 of te perd kan verken. Hoogpunte: Baberspan Voël Toevlugsoord, Botsalano Wildreservaat, Cookes meer, Disaneng dam, Henk Joubert Wildreservaat, Kortkloof Kultuurdorp, Leopard Park Gholfbaan, Lichtenberg Wild Teelsentrum, Kaditshwene Village Ruïnes, Marula Kop, Zeerust Museum, Mafikeng Wildreservaat, Molemane Eye, Mafikeng Museum, Bethel se Rotse, Kanon Koppie, historiese gebiede en geboue, museums, Mampoer plase, skuba duik by die Eye of Marico, visvang, wildbesigtiging, voëlkyk, perdry, seilvaart, waterski, wandelpaaie, 4x4 roetes, bergfiets roetes en San rotstekeninge.
Vind Suid-Afrika Noord-Wes Sentrale Kampplekke deur Dorp