Bophirima Kampplekke
Hierdie streek is die tuiste van een van die wêreld se belangrikste argeologiese ontdekkings, die Taung Skedel Erfenis Gebied. Die oop graslande en gasvrye inwoners van die area, laat besoekers op hul gemak voel en sodoende vergeet van die rep en roer van die besige stadslewe, sodat hulle die rus en vrede van die binneland kan geniet. Daar is interessante museums en gallerye wat regdeur die dorpies in die streek voorkom; daar is ook natuurreservate waar jy die Groot 5 kan besigting, gesellige restaurante en kultuur dorpies. Hoogpunte: Taung Skedel Erfenis Gebied, Molopo Natuurreservaat, San Boesmantekeninge, Massoukop, Stella Beesfees gedurende Oktober, Taung Blue Pools, Biopela Wildreservaat, Dinkwaneng, Taung dam, Mmababa Kultuur Sentrum, Leon Taljaard Natuurreservaat, Tierkloof Sendingstasie, Theiler Landbou Museum en Bees Navorsingsentrum, Vryburg Museum, wildbesigtiging, voëlkyk, wandelpaaie, 4x4 roetes, piekniek areas en visvang.
Bophirima Kampplekke Soekresultate
Wys tans 5 resultate