My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd
Sorteer
Filter
Sorteer volgens
Sorteer
Filter volgens
Kampplek Akkommodasie
Kampplek Tipe
Kampplek Fasiliteite
Filter

Bojanala Kampplekke

Definitief die mees skouspelagtige en pragtige streek in die Noord-Wes, die Bojanala Streek is die tuiste van die beroemde Hartepeespoort dam waarheen besoekers gaan gedurende naweke en vakansies. Geniet 'n rit deur die Magalies Meander en herontdek hierdie betowerende gebied, of besoek die Pilansberg Nasionale Park en soek na die Groot 5. Sun City en die Lost City is net om die draai en bied 'n wye verskeidenheid aan besoekers, van getypoele tot kabaret vertonings in die aande. Highlights: Hartbeespoort Dam, Lesedi Kultuurdorp, Kgaswane Bergreservaat, Pilansberg Nationale Park, Borakalalo Wildreservaat, Vaalkopdam Natuurreservaat, Tswaing Soutpan Krater, Die Crocodile Ramble, De Wildt Jagluiperd Navorsing Sentrum, Graniet werke, Le Croc toere, Rainbow Kultuurdorp, Magaret Robers Kruie Sentrum, Phaladingwe Natuurroete, Magalies Meander, Sun City, Lost City, Rustenburg Natuurreservaat, Rustenburg Ramble, Afrika Wild en Kuns, Volstruisplase, Diamant myne, Madikwe Wildreservaat, Lindleyspoort dam, Swartruggens dam, Elandsrivier, Slagvelde en grafte, Hartbeespoort Dier- en Slangplaas, Olifant Toevlugsoord, Hartbeespoort Akwarium, Hartbeespoort dam Kabelkarretjies, Gaabo Motho Kultuurdorp, fisvang, seilvaart, kragboot vaarte, waterski, wandelpaaie, perdry, gholf, wildbesigtiging, voëlkyk, bergfiets roetes, vierwielmotorfiets roetes, 4x4 roetes, museums, historiese gebiede en geboue, abseil en rotsklim.