Kulturele Hartland Kampplekke
Die Kulturele Hartland is 'n kleurvolle kombinasie van Ndebele kultuur, met hul geverfde dorpies, en die meer moderne dorpies Middelburg, Groblersdal en Marble Hall. Besoekers aan Loskopdam Natuurreservaat kan wildbesigtiging met 'n bootrit of 'n 4x4 roete in die reservaat geniet. Die streek bied aan besoekers ongelooflike visvang geleenthede, wandelpaaie, bergfiets roetes en rivier vaart. 'n Wye verskeidenheid watersport is ook beskikbaar, van kragbote tot kanovaart; jy kan selfs 'n piekniek op die oewer van die dam geniet waar jy rustig in die sonnetjie kan bak, ontspan en net die lewe kan geniet. Hoogpunte: Boere Oorlog Roete, Loskopdam Natuurreservaat, Botshabelo Sendingstasie, Mabusa Natuurreservaat, Marble Hall, Afrika Kuns en Kunswerke, Little Elephant / Ndlovu Encane Kuns en Kunswerk mark, Schuinsdraai Natuurreservaat, staproetes, perdry, wildbesigtiging, visvang, voëlkyk, jag, 4x4 roetes en gholf.
Kulturele Hartland Kampplekke Soekresultate
Wys tans 9 resultate
Vind Suid-Afrika Mpumalanga Kulturele Hartland Kampplekke deur Dorp