My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd
Sorteer
Filter
Sorteer volgens
Sorteer
Filter volgens
Kampplek Akkommodasie
Kampplek Tipe
Kampplek Fasiliteite
Filter

Tshwane Kampplekke

Die Tshwane Streek van Gauteng sluit die stad Pretoria in. Pretoria is 'n tradisionele, kultuurryke, historiese en akademiese kombinasie van die teenwoordige, die velede en die toekoms. Die Nasionale Dieretuin is die tuiste van meer as 3500 dierspesies en die nabygeleë Rietvlei Natuurreervaat is die perfekte gebied om die Groot 5 te sien. Hierdie Streek is naby aan Bronkhorstspruitdam en die Hartbeespoortdam, waar daar volop staproetes, 4x4 roetes, perdry en handgemaakte kuns en kunswerk is. Hoogpunte: Melrose House, Nasionale Dieretuin, Paul Kruger Museum, Sammy Marks Museum, Staat Teater, Transvaal Museum, Unie Geboue, Voortrekker Monument, Wonderboom, Roodeplaatdam Natuurreservaat, Bronkhorstspruitdam, Rietvlei Natuurreservaat, Ondersepoort Natuurreservaat, Historiese gebiede en museums, staproetes, bergfiets roetes, piekniekplekke, visvang, 4x4 roetes, wildbesigtiging, voëlkyk en perdry.