Soms kort βn mens net minder mense en meer natuur. By Edenpark se Rivier-end Kamp geniet jy βn unieke Bosveld-ervaring met slegs vier staanplekke, wat ekstra privaatheid en rustigheid bied vir gesinne, vriende en natuurliefhebbers.
Omring deur bome, vars lug en die sagte klanke van die natuur, is hierdie afgesonderde kampterrein ideaal vir diegene wat wil wegkom van die gejaag van die alledaagse lewe. Geniet al die geriewe waarvoor Edenpark bekend is, terwyl jy steeds die gevoel van eksklusiewe kampwees ervaar.