My Dashboard
Eerste en Laaste en Altyd
Visit Caravan Overland Show

Lagger 20 Nuus April 2012

Kategorie: Klub Nuus | Skrywer: Trekkers Outdoor Recreation Club |  Datum geplaas:  | Blootstelling: 18875   754

10 April 2012


Hallo Laager 20 lede en vriende

Drie ou stryders en een besoeker het die pad na Fouriesburg aangedurf. Koos, Marietjie, Anel en Alta, Martin, Marie, Juan-Mari , Zeliche en Leander, Neels, Elize en Neels Jr., Juan, Salome en Meandri was die besoekers aan Meiringskloof.. Drie waens het ongeveer 8 uur vanaf die Engin garage op die lughawe pad vertrek. Ons sou aanvangklik 7 uur vertrek maar weens omstandig “mense” buite ons beheer het ons so effens later vertrek, maar daar was geen haas, ons was mos naweek af. Juan en Salome het by Ladybrand in die ry ingeval.

Die park is baie mooi, die staanplekke wat ons gekry het, het min of geen son gedurende die dag gekry nie. Die naweek was heerlik en koel. Die warm water in die badkamers was skaars later in die oggend (so het party van ons met groot skrik uitgevind), maar heerlik in die aand en vroeg oggend. Elke staproete is bespied en bewandel, berg op en berg af deur die bosse en oor die kruin van die berg het ons gewandel. Die son gaan 4 uur in die middag onder en verskyn eers weer na 8 uur in die oggend. Die aande was heerlik laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaank en ons het gesellig om die vuur gekuier. Mari het die naweek 9 tot 9 gedoop, teen 9 uur was die meeste persone in die bed en het ons hulle eers weer 9 uur die volgende oggend gesien. Almal is goed uitgerus. Die spyskaart was uit die “boonste gestoeltes”, krummelpap, gebraaide hoender, groente, slaaie, pannekoek, plaatkoekies, paaseiers en ek kan nog aangaan en aangaan.
Hier is ‘n foto van almal wat die Holkrans besoek het, en die ketting lëer bo-oor die kruin van die berg uitgeklim het. Ons is Trekkers, ons word nie deur ‘n ou ketting wat teen die regop rotswand afhang die skirk op die die lyf gejaag nie.

Trekkers

Die NAGM sal die naweek van 4 tot 6 Oktober 2012 op ReinHeim aangebied word. Meer inligting sal by die AGM deur gegee word.

Dit is weer tyd vir die Algemene Jaar Vergadering en ek wil ´n vriendelike versoek aan al die lede rig om ´n groot poging aan te wend om die vergadering by te woon. Die kennisgewing van die vergadering is hierby aangeheg. Nuwe agenda punte kan aan Elize deurgegee word, voor of op 7 Mei 2012. Maak ook seker dat jul ledegeld op datum is sodat die gedeelte wat moet oorbetaal word aan die Nasionale liggaam gedoen kan word. Lede wat geld in hul spaarrekening het hoef nie kontant te betaal aangesien ons die ledegeld vanaf hul spaarrekening sal oordra na die klub se fondse. Die proksie vorm is aangeheg, indien julle nie die vergadering kan bywoon nie, nomineer ’n persoon om namens julle in die vergadering te kan stem. Lede wat nie die vergadering kan bywoon nie moet, verskonings na Elize (0721251751) deurgee.
Inligting vir die volgende kamp. Die uitspan en Algemene Jaar Vergadering is op Tuff Top Lawns. Conré en Melizaan is die marshals laat weet asb vir Corné (082 4504 775) teen 7 Mei 2012 of julle saam gaan of doen dit sommer nou dan is dit gedoen.

Trekkers

Belangrike datums:

Verjaarsdae:

Berenice – 2 Mei
Hennie – 4 Mei
David – 5 Mei
Wian – 9 Mei
Anel – 12 Mei
Marietjie – 19 Mei
Wynand Sr. - 25 Mei
Neels Jr – 29 Mei
Huweliksherdenkings:
Hoffie en Sylvia – 2 Mei
Willie en Esmé – 16 Mei

Trekkers Groete


Elize

________________________________________________________________________________________

Kennisgewing Algemene Jaarvergadering
Die algemene jaarvergadering sal plaasvind op:

Datum: 12 Mei 2012


Tyd: 15:00


Waar: Tuff Top Lawns, Rodewal, Bloemfontein


Ledegeld van R75 is vooraf betaalbaar of voor die aanvang van die vergadering op 12 Mei 2012 by Sanet.


Lede wat hulle verkiesbaar wil stel vir enige posisie in die kommittee moet vir Elize kontak. (072 1251 751).


Indien u spaarfonds op datum is sal die ledegeld van u fonds verhaal word.


Trekkers groete


Hennie Smit

Voorsitter

Trekkers Outdoor Recreation Club
+27 83 275 6511

Nuutste Nuus