Christmas Lunch at Tshipise – A Forever Resort

Ek het mos my vorige nuusbrief afgesluit deur te sê dat ons baie uitsien na die Kerrie en Rys aand by Theo en Tina. Ek het geweet die uitsien gaan absoluut die moeite werd wees. En julle wat daar was sal met my saamstem, dit was!Ek het nog nooit aangesit by so ‘n lang familie tafel nie. Die tafel was so lank dat van ons in die bo-dorp en ander van ons in die onder-dorp gesit het. Soos dit nou maar in enige dorp gaan, het die bo-dorpers maar so bietjie neergekyk op ons onder-dorpers. En soos dit ook nou maar gaan was die onderdorp gesaai met die kinders! Die tafel was baie mooi opgemaak en die kerslig het gesorg vir ‘n lekker warm kuier atmosfeer. Vir ‘n oomblik Vrydagaand het almal van ons vergeet dat dit eintlik winter is in Cradock. Theo en Tina het afgeskop met ‘n hartlike verwelkoming en daarna het die sports begin. Al die manne moes ‘n eerlikheid toets ondergaan deur wyse van lekkergoed eet. As jy wel die uitgeroepte toets gefaal het, moes jy eet! Die een met die meeste lekkergoed oor is dan aangewys as die wenner. Bo ons almal se verwagting was die wenner Stoffel! Daarna was dit die vrouens se beurt om met ‘n mond vol “Marshmallows” die woorde “Chicky Chucky” te sê. Die vrouens was lekker “dikbek” van al die Marshmallows, en soos ‘n dikbek vrou nou maar is, kon hulle nie ‘n woord uitkry nie! Stefanie het die prys vir Mev. “Dikbek” gevat. Baie geluk aan Meneer en Mevrou “Eerlike Dikbek”! Die jong span moes met ‘n mond vol koekiekrummels die tegniek bemeester om drie keer te fluit! Christiaan Linde het hier sy klere gewys en met die prys weggestap. Die kos was heerlik en daar was te kies en te keur. Almal het hulle knuppel dik geëet en meeste het hulle self gehelp met ‘n tweede porsie! Daarna is ons bederf met heerlik nagereg. Theo, Tina en Yolande, julle het baie moeite gedoen om dit vir ons almal ‘n spesiale aand te maak. Baie dankie, dit was regtig baie lekker. |
Lief en Leed: Met groot hartseer het Johan Herselman sy moeder verloor. Baie sterkte en ons dink aan julle deur hierdie moeilike tyd. Benninghoff en Girda het vir HB ‘n maatjie “bestel”. Baie geluk en voorspoed met die swangerskap. Theo en Tina se seun, Carlo, tree in die huwelik die komende naweek. Baie geluk aan julle ook! Verjaardae tot ons weer bymekaar kom : ![]() 23 Julie =Ninke Smith 30 Julie = Benninghoff Siebert 20 Augustus = Christiaan Kotzé 22 Augustus = Adriaan Labuschagne Baie geluk. Vier die lewe, speel in die wind, gee ‘n sonstraal ‘n drukkie… Geniet jou verjaardag! Neels en Carin vier hul huweliksherdenking op 6 Augustus – baie geluk! Volgende kamp: 24 tot 26 Augustus 2012 Die volgende kamp is by Gariep Dam 24 Augustus. Forever Resorts Gariep het daardie naweek ‘n Familie naweek wat die volgende insluit soos vanaf die webwerf http://www.gariep-route.co.zaverkry:“Hierdie naweek vind plaas vanaf 24-26 Augustus 2012. Die Vrydagaand word gaste en vriende toegelaat om saam te kuier en te ontspan want op Saterdag bied die oord speletjies en vermaak aan sodat die hele gesin kan deelneem en tyd saam spandeer. Saterdag aand het ons dan ‘n Kunstenaar wat na die bring en braai vir ons gratis optree in die hoofsaal. Net soos die Quenna fees is alles gratis en geen addisionele kostes word gehef vir vermaak nie, optredes ingesluit.” Johan en Carina is die touleiers vir die naweek. Die kostes beloop R350 vir die hele naweek per staanplek, maksimum 6 persone per staanplek. Johan het reeds plek bespreek vir die lede wat hom laat weet het. |
Volgende kamp: 24 tot 26 Augustus 2012
Die volgende kamp is by Gariep Dam 24 Augustus. Forever Resorts Gariep het daardie naweek ‘n Familie naweek wat die volgende insluit soos vanaf die webwerf http://www.gariep-route.co.zaverkry:“Hierdie naweek vind plaas vanaf 24-26 Augustus 2012. Die Vrydagaand word gaste en vriende toegelaat om saam te kuier en te ontspan want op Saterdag bied die oord speletjies en vermaak aan sodat die hele gesin kan deelneem en tyd saam spandeer. Saterdag aand het ons dan ‘n Kunstenaar wat na die bring en braai vir ons gratis optree in die hoofsaal. Net soos die Quenna fees is alles gratis en geen addisionele kostes word gehef vir vermaak nie, optredes ingesluit.”
Johan en Carina is die touleiers vir die naweek. Die kostes beloop R350 vir die hele naweek per staanplek, maksimum 6 persone per staanplek. Johan het reeds plek bespreek vir die lede wat hom laat weet het.

Die Trekkers WEB adres op die internet is :http://www.trekkersclub.co.za/
Maak gerus ñ draai op die WEB!
Groete tot ons mekaar weer sien.
Happy Camping!
Christo
Gedagte vir die Maand:
"Het jy al gedink hoekom het ‘n voertuig so groot WINDSKERM en slegs ‘n klein truspieël? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So KYK vorentoe en beweeg aan…”