Christmas Lunch at Tshipise – A Forever Resort

22 Mei 2013
Goeie dag Trekkers en vriende
Ons het ‘n baie lekker kamp gehad voor die groot koue kom by Top Turf Lawns. Ons was regtig geseënd met die weer en nie te koud gekry in die aande. Ek is nie seker wie was eerste daar nie tussen Oom Koos-hulle of Oom Chris. (Oom Chris moes net seker maak Hein is by die regte uitspan plek toe hy nie sy wa gewaar en het toe maar gebel. Hein jy gaan nooit die einde hiervan hoor). Ons (die Bornmans) het aangesluit, met die res was net na werk by ons aangesluit het, Van Niekerk’s , Gerbers en heelwat later Classens. Dus dink ek die kamp was goed geondersteun veral as ons dit met die laaste paar kampe vergelyk. Die Gerbers het net kom karavaan en kinders afgooi voor hulle na ‘n funksie toe is. Wat ek kon aflei was dit ‘n lekker affere, aangesien on hulle eers die volgende oggend gesien het met ‘n groot lawaai (Dankie Hein).
Saterdag was ‘n lui lekker dag met die Potgieters, Du Preez, Tannie Mitzie en Oom Hannes wat die middag / aand vir ons kom kuier het en die AGM kom bywoon. Tydens die vergardering is ‘n paar sake bespreek wat die jaar aandag sal moet kry asook die nuwe komitee is verkies. Op die punt wil ek asb enigeen uitnooi om enige van die komitee lede te skakel met voorstelle om die klub voor-en-toe te kan neem. Vir die wat nie by die AGM kon wees of die met kort geheue, die kommitee is as volg:
Voorsitter: Corne Bornman (082 450 4775)
Onder-Voorsitter: Wynand Potgieter (082 655 1505)
Addisionele Lid: Melizaan Bornman (084 450 4775)
Sekataresse: Elize van Niekerk (072 125 1751)
Tesourier: Sarieta Gerber (082 921 1261)
Baie geluk, ons weet dat julle, julself goed van jul taak sal kwyt. Jammer aan die baas
tannie sy sal maar nog ‘n jaar of tien moet uithou…..:)
Trekkers
Posbus 30358
Pellissier
Bloemfontein
Buitelug Ontspannings Klub
Laager 20
Ek wil net vir Neels bedank vir die reêlings dat ons die rugby kon kyk.
Sondag oggend het ons Indaba gehou met myself as fine marshal, hieruit was dit
duidelik dat ons ‘n paar goedgemanierde vrouens in die klub het, want hulle was nie te
veel beboet. Die kinder fine marshal was Leane Gerber, baie dankie Leane, jy het
mooi notas geneem die hele naweek.
Die swartskaap was ‘n “Two Horse Race” tussen Hein en David, maar David was die
gelukkig wenner, die feit dat hy nie eenkeer vir sy vrou vleis gebraai het nie het
sekerlik gehelp.
Net ‘n paar ander punte wat julle moet kennis van neem :
Oom Koos was so vriendelik om vir ons ‘n WhatsApp groep op te sit. Die van julle wat
nie die naweek boodskappe gerky het nie, laat weet asb vir Oom Koos om julle
bytevoeg. Maak net asb seker jy het Whatsapp op jou foon. Met die ingedagte wees
asb bewus daarvan dat almal sien wat jy daarop sit, dus kom ons hou dit beskaafd.
Die NAGM vindplaas 27 – 29 September 2013 in die Kaap. Saterdag en Sondag was
daar groot planne gemaak om die NAGM bytewoon. Laat weet. wie dit gaan bywoon en
stuur julle registrasie dokument en deposito’s in sou gou as moontlik. Hein en Sarieta,
David en Berenice, het besluit om na die NAGM in Kaapstad te gaan. Baie dankie dat
julle ons daar gaan teenwoordig. Hulle soek nog lede wat saam met hulle die uittog na
Kaapstad wil aanpak.
Daar is nog ledegeld uitstaande. Ek versoek asb die lede met uistaande ledegeld om
die R75 na die onderstaande bank oor te betaal, en asb die bewys vir Sarieta stuur.
Die bankbesonderhede is as volg:
Trekkers Karavaan Klub
First National Bank
Tak: 230534
Rekeningnommer: 60507190548
Ons is mos bang vir die winter en daarom sal die volgende “KAMP” by die Van Niekerks
se huis wees waar ons die volgende jaar se jaarprogram gaan beplan en lekker eet.
Onthou om jul dagboeke saam te bring aangesien die beplanning van die 2013/2014
kampe gaan plaasvind en jul voorstelle vir waar julle graag wil gaan kamp, moet ook
saamgebring word. Laat weet Elize teen 18 Junie 2013 of julle saam sal eet of nie
(072 1251 751). Onthou asb as jy sê julle kom en julle daag nie op nie sal julle nog
steeds verantwoordelik wees vir jou gedeelte van die onkoste. Die dames het by
Indaba besluit dat ons ‘n lekker warm aansit ete sal geniet.
Dames kontak asb vir Elize en dui wat julle kans sien om te maak. Ons sal weer die
koste vir die ete tussen almal teenwoordig verdeel. Onthou om die strokies van die
aankope te bêre en saam te bring.
Butternut sop en broodtjies - Sarieta
Bobotie – Berenice
Hoender pastei – Elize
Rys en sous – ????
Groenboontjies – Melizaan
Pampoen koekies - ????
Blomkool en Brocolli met witsous - ???
Groen slaai – Christa
Poeding en vla - Marietjie
Aangeheg is die nuwe adres en verjaarsdag lys.
Belangrike datums vir hierdie tyd van die jaar:
Volgende Uitspan
Van Niekerk’s
22 Junie 2013
“Marshals” Neels en Elize
Tyd: 16:00
Bring asb glase, drinkgoed en eetgerei saam.
Wat is die pligte van die marshalls? Elize het onderneem om die pligte te lys, sodat
die marshalls weet wat om te doen.
1. Wanneer die jaarprogram opgestel word, word marshalls aan elke uitspan
gekoppel.
2. Bespreek die staanplek by die park, so drie maande voor die tyd. Langnaweke
kan bespreek word, sodra die jaarprogram beskikbaar is.
3. Vind die tariewe en ander kostes uit en stuur vir die sekretaresse om in
nuusbrief te plaas.
4. Behartig die lede se besprekings.
5. Marshalls kan speletjies, etes, uitstappies ens. reël vir die naweek. Laat weet
die sekretaresse indien jy iets daaroor in die nuusbrief wil plaas.
6. Marshall is verantwoordelik om die vlagpaal by die vorige marshall te kry en
saam te neem na die uitspan.
7. Die vlagpaal moet vrydag opgesit word en sondag afgeslaan word. Vlae moet in
die oggend gehys word en teen 6 uur gestryk word. Vlae in vlagpaal moet asb
met sorg behandel word.
8. Marshall heet almal welkom by uitspan, dui plekke aan en help met die opslaan
van tente.
9. Samel die kamp geld vir die naweek in en betaal oor aan park eienaar. Die
bedrag vir die naweek moet aan die sekretaresse gegee word vir rekord
doeleiendes.
10. Verantwoordelik om toe te sien, dat die park netjies en skoon gelaat word.
Verjaarsdae:
Wynand Snr – 25 Mei
Neels Jnr– 29 Mei
Leane Bornman – 17 Junie
Neels – 20 Junie
Lizette – 20 Junie
Trekkers groete.
Corné