Die onderdak warmwaterswembad mag hierdie naweek tydelik gesluit wees vir herstelwerk. Die buitelug swembad by die restaurant bly verhit en beskikbaar.
Kokoriba Wildreservaat – Belangrike Kennisgewing
Resort | News

Edenpark nooi alle pensionarisse om van 16 tot 19 November 2026 deel te wees van die Kokanje Pensionaris-aanbod. Vir net R1000 vir 4 nagte, kan jy kies uit drie unieke kampterreine wat jou die beste pas:
🏕️ Hoofkamp – 16 staanplekke
🌲 Bosveldkamp – 11 staanplekke
🏞️ Rivier-end kamp – 4 staanplekke
Elke staanplek bied eie ablusies, swemgeriewe, braaigeriewe, en die kans om in die natuur te rus en te ontspan. Hier wag ’n atmosfeer van vrede, geselligheid en die Bosveld se unieke bekoring.
Edenpark – Kamp. Bos. Rus.