Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23102 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18500 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6743 |
| BrianB | 5986 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3803 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2207 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1353 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 590 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 364 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Watse ding is dit hierdie
Kan iemand dalk vir Nico help om te beskryf wat doen mens met so ding. Dit is meer as 165 jaar oud.
Ek glo nie mens kan dit op 'n Suzuki of Audi gebruik nie :)
Dit het niks met kamp te doen nie!!!!!!!!!!!!!!!!


Danie en Nico, is dit nie die tang waarmee ronde koeëls vir voorlaaiers gemaak is nie?
groete
Lyk vaagweg soos so 'n tang, maar ek dink nie so nie. Dit lyk of hy twee plekke het om iets duns soos draad af te sny, maar die verstelmeganisme gooi my. Kan jy dalk nog fotos van ander hoeke af plaas, Danie?
Lyk vaagweg soos so 'n tang, maar ek dink nie so nie. Dit lyk of hy twee plekke het om iets duns soos draad af te sny, maar die verstelmeganisme gooi my. Kan jy dalk nog fotos van ander hoeke af plaas, Danie?
Die gaatjie pons wat ek het lyk na n moderne weergawe van die foto. Gebruik hom om gaatjies in bv lyfbande te maak.
Chris ek ken die tang om gate te maak. Verder ken ek ook die "saw set" wat mens saaglemme se tande korrek buig. Voorlopig lyk dit asof dit wel 'n 100jaar ouer weergawe kan wees van die "saw set". Die 2 kake v d ding kan nie verstel nie en is in 1 gietstuk . Dalk kan daar ook 'n los deel kort by die kake as mens dit vir saag tande gebruik. Dis blykbaar baie skaars en sowat R950 werd of dis wat iemand dit voor wil verkoop in die UK.

Vra net of hulle dalk moontlik die tang gebruik het om drade mee te span. Outydse draadtrekker.
Chris my 1e afleiding was ook dat die agterste hakie dalk was vir doring draad. Die doring draad gadget wat ek ken v d 1960's was egter alreesa 2 kettings met 'n hefboom om styf te trek. Die saag versteller v d 1850's lyk baie naby aan die foto wat ek geplaas het en ook kan mens sien hoe die ontwerp dan verander het met tyd. Iemand het vir ons die fotos gestuur wat iewers op 'n web blad gekry is vir ou goed.


Ek din sy naam is "Tang en Tool".
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Of tool en tang
Saw setting tool. Die spesifieke een kom van DUITSLAND af.
Die een tool kan verskeie sae se tande set. Fyn tande vir dwars saag en growwer groter tande vir kloofsaag.
As ek dit nie mis het nie is die een nie so oud nie. Want hy kan tot n band saag se tande set.
As ek moet skat laat 1940s vroe 50s
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Die stel skroefie waaraan die veer vas is, het die hoeveelheid van "set" beheer, want die band saag se tande was baie "Brittle" as dit net effe teveel buig breek die tips af
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Jy haal die skape se knaters uit
Leon ek wonder net hoekom is die 2 kake so vrek ver uitmekaar. Al die "saw settings tools" fotos wat mens kry wys die tande omtrent die dikte van 'n saaglem.

Danie, ek het nog een van daardie draadtrekkers wat die kettings het. Vermoed hy dateer hier uit die veertiger jare.. Was my oorlede skoonpa s'n.
Wel ek het so draadtrekker in die laat '60s gebruik. Ook in daai jare het ons van hulle verkoop in ons plaaswinkel.

Danie/Leon, Nico het gister vir my foto gestuur, en ek het hom vertel ek het net so 'n stukkie gereedskap in my (deurmekaar) plek van baie goed!
Dit was ook tussen gereedskap wat ek gekry het na my Pa se afsterwe in die middel tagtigs.
My raaiskoot was onmiddelik 'n setter vir saagtande - gesien die grootte van die werkstuk. Dit is eintlik baie klein in vergelyking met draadsap gereedskap, waarvan ek ook het.
My Pa was 'n grofsmid (blacksmith) in die jare 40 tot 70.
Groete.
FRans
Ek het vir Danie gevra om nog n foto te laai van die tool in werkbare kondisie. Ek het hom ook foto van ander tipe gestuur.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Hier is die 2 fotos wat ek van Leon gekry het. Ai so leer ons vinnig van goed wat ons niks van weet nie.
Dankie vir almal se bydraes.



Ek kan nie sien waar die eerste foto hierbo, by die tang inpas nie, maar dit lyk beslis soos 'n tang-tandsetter. Dit lyk baie soos die een wat ek het. Die tweede een verskil ietwat van Nico se foto en ek kan nie sien waar die eerste en tweede fotos bymekaarkom nie. Jy dink nie Leon is dalk besig om ons bene te trek deur fotos van twee verskillende gereedskapstukke te verskaf nie?
Fred dis duidelik dat die foto van Nico te "tool" se kake nie kan stel nie en dus baie ver van mekaar af is as mens dink dit moet op die saaglem vaskom om die hoek v d tande te kan stel. Die verstellings is wel presies dieselfde so ons moet aanvaar dis 'n viriasie v dieselfde "tool"
Die kleiner fotos van Leon wat ek geplaas het ken ek baie goed.
Weens die later jare se doringdraad wat 'n enkel draad is sou die ou ketting om draad te span ook nie meer gebruik kan word nie.

Ek verstaan nie jou stelling oor die doringdraad nie. Ek het by ons eerste huis draad gespan met so 'n draadtrekker- enkelbloudraad.




