Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23092 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18488 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1353 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 360 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Wasbak waterkraan
Met 'n nuwe watertank installasie vind ons dat die tweede kraan se water loop saam met die een wat aangeskakel word - hoe gemaak om die tweede kraan se watervloei te stop? Dankie Philip
Philip
Watter wa het jy? As jy model kan noem, sal dit van hulp wees vir die tegniese ouens op die forum wat konstruktiewe raad kan gee.
(Ek is nie een van die tegniese kenners nie, ook maar 'n haak en ry ou)
Sommer ook watter wasbak?
Is die tweede kraan toegedraai?
Welkom op die forum.
Jy sal meer detail moet gee.
Stupid vraag - is die ander kraan oop of toe.
Ek het 'n geval gehad waar die ander een oop was en toe water deur gekry het
Dit is 'n 2000 Palma. Standaard wasbak en grys kraantjie. Kraantjie op die wasbak is toegedraai maar die water kom steeds uit wanneer die ander kraan gebruik word.
Wat betref my ander navraag oor die 195 bande - ons is tans by Supa Quick en ruil ons terug na 185 aangesien die spasie slegs 15mm meet en kan ons nie nou die spacers insit nie.
Dankie Philip
Ek sou dink die 2e kraan seel nie mooi en met die nuwe pomp kon vuilgoed dalk deurgekom het wat nou daar vassit. Kyk mooi na die plek wat die 2e kraan moet seel as dit toe is.
Sou die spacers nie meer spasie aan die bokant gegee het selfs met die 195 bande?

Dit is maar net die kraan wat nie mooi seel nie. Ek self het nog nie een van daai krane sovêr uitmekaar gehaal om nou vir jou te kan sê hoe gemaak om daai seël te vervang nie.
Ek vermoed maar dis iets soos 'n "O" ring wat onklaar geraak het. Dis regtig iets kleins. Die wa is al 18 jaar oud so iets is moontlik.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon, sedert 2018, het jy dalk al die Exclusive se kraantjie oopgemaak om 'n O ring te vervang?
My kombuis gedeelte se kraantjie drip / lek en ek sien nêrens waar jy die kraan kan oopmaak om die O ring te vervang nie?
Hi Petrus.
Jy se nou nie waar die kraan lek en drup nie, maar hier is twee opsies.
As die drup onder die kraan in die kas is:
Onder die kraan is twee punte 'n rooi en bloue wat in die kraan van onder af indruk. Hierdie twee punte het elk 'n O-ring wat dit moet seel as dit netjies in die kraan ingedruk is, Dit is baie dun en redelik klein O-rings so as dit stukkend is gaan jy moet soek om die regte size O-ring te kry asook die regte dikte want dit is nie 'n standaard dikkte o-ring nie.
As die kraan drup en lek in die was bak in:
Ontkoppel die 12V. Draai die kraan effe oop sodat jy die micro skakelaar kan hoor aanskakel (geen water kom uit want jy het 12V ontkoppel). Maak nota van die posisie van kraan kop. Jy behoort dan die kraan kop van die kraan af te trek. Daar behoort jy die klein micro skakelaar te sien. Kyk of daar enige iets is wat kan help om die kraan meer toe te kan draai voordat die gedeelte van die kraan wat die microskakelaar aktiveer in werking tree. Met ander woorde die kraan moet effe meer toemaak voor die skakelaar afskakel en als stop om verder toe te maak.
Ek self het nog nooit verder die kraan uitmekaar gehaal nie maar ek glo daar is iewers nog 'n O-ring wat om die as seel trewyl mens die kraan gedeelte draai. Verder het ek nie detail nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Op die onderste O ring. Maak seker daar is Silikon of Lithium (wit) gries op die O ring. Dit voorkom ook lek in die kas.
Die blou en rooi plastiek pypies trek net uit.
Paul
Petrus jy kan ook hier kyk.
Paul
Dankie Leon en Paul.
Die kraan drup in die wasbak. Nie baie druppels nie, maar genoeg om oornag 'n lekker passie te maak op die paneel wat die wasbak toemaak.
Ek sal more Leon se plan volg.
Ek kan nie jou draad sien nie Paul?
https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Exclusive-Classique-Basin-Taps.htm?forumaction=1&loadcategory=4239&loadpost=7215&highlight=taps#ForumsAnchor
Ek het ook agter gekom dat die kraan in my Exclusive se badkamer drup en dit slegs nadat iemand gestort het.
Die water wat seker in die stort pype is druk terug in die stelsel met gravitasie want die pomp is nie aan nie en daar is nie ander druk in die stelsel behalwe dalk dit nie.
Nog 'n rede hoekom ek die water stelsel in die wa na hoe druk stelsel toe wil verander.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ja ek het n’ SurFlo druk pomp. Maar ook nuwe solid brass en chrome kraane. Niks lek nerens nie.
Paul
Ja ek het n’ SurFlo druk pomp. Maar ook nuwe solid brass en chrome kraane. Niks lek nerens nie.
This is the way to go ................. my humble opinion.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
My Van uses the submersible pump, I have actually just replaced it. If you change over to a pressure pump do you need to change all the taps in the system ?
Our Campworld owner did not want to put a pressure pump in my Exclusive as the current water system in the Jurgens will not withstand the pressure. Pipe connections is not designed for pressure like clip on not tied with clamps especially at the back of the shower.
I bought my SurFlo from Silverlakes caravans. The pressure is adjustable. I did not need to adjust it.
Paul
Standard Switch off pressure is 20psi. Adjustable.
Paul




