Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23089 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18484 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1351 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 359 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Terugvoering: Dinokeng Camp and Leisure
Hier is my persoonlike ervaring van besoek aan Dinokeng Camp and Leisure.
Die hoofpad na die oord is grond en was baie sinkplaterig....omtrent 2 km, maar die pad binne die oord is baie nice. Die sinkplaat pad moet mens maar net stadig vat....die eindpunt is darem n beloning met die heerlikste oord. Die ontspanning is hoofsaaklik om die stilte van die natuur te geniet met die wilde diere om jou wat rustig tussen die kampeer plekke wei. Die njalas is so mak....hulle eet selfs uit jou hand uit. Ons het ook heerlik op die oord rond gestap en wild besigtig. Oord se veld is in baie goeie kondisie. Ons het met die stap afgekom op Blou wilde beeste, koedoes, Njalas, Bles bokke, wit blesbokke en rooibokke. Die oord personeel was regtig baie vriendelik en gasvry gewees....hulle is deurentyds betrokke sodat verblyf glad verloop. Ablusies was n plesier om te gebuik: Genoeg, skoon, netjies en lekker groot stort areas. Daar is ook voorsiening gemaak vir n paraplegiese badkamer. Ons het deurgaans veilig gevoel. Hulle verkoop hout en ys op die perseel, maar net buite oorkant die pad van oord se ingang is n klein kafee anders kan mens so 3km ry na die Safari mall waar daar n supermark, garage, drank winkel en slaghuis onder andere is. Die atmosfeer hier was heerlik rustig gewees....so in die natuur en wilds lewe. Ons het die Saterdag self deur die Dinokeng Big5 wildsreservaat gery. Die staanplekke is regtigwaar heerlik groot met n paving vierkant op elkeen. ...vir die warmer dae sal ek aanbeveel om n ekstra afdakkie saam te neem, maar daars n heerlike silverskoon swembad wat op jou wag om af te koel. Ons het dit egter nie gebruik nie, aangesien dit winter was, maar kan glo dat daai goud werd gaan wees in die somer. Staanplekke is duidelik genommer en afgesper. Ek voel dat ons goeie waarde vir ons geld gekry het aangesien alles in ons skoen gepas het. Ons sal beslis weer terug keer na hierdie oord en sal dit sterk kan aanbeveel vir enige kampeerder wat hou van die natuur en rustigheid daarvan kan waardeer. So terloops.....ons volgende besoek aan hierdie oord is reeds in beplanning. Ons het met n swaar gemoed die oord verlaat....wou nie, dit was te lekker hier.....gelukkig is die volgende bespreking reeds op die tafel
Hier volg klompie foto's van oord en geriewe
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜




