Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23192 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18549 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6779 |
| BrianB | 6016 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3885 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1910 |
| Nico | 1833 |
| Hennie Botha | 1734 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1462 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1356 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 925 |
| Fanie | 837 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 678 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 604 |
| Andrew | 524 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 438 |
| Grompie | 419 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 326 |
| nyiko81 | 319 |
| captiva | 285 |
Gold Member | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| Robbie | 225 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
| mplester | 159 |
| Wegisons | 157 |
Suid-Kaap 'Road Trip' - advies asb?
Ons (ek & Ma) vlieg eersdaags af Kaap toe en wil dan 'n 'road trip' doen en by vriende en familie gaan oë wys.
Daarmee saam wil ons ook sommer kyk (recce) na kampeer terreine/oorde met die oog op 'n verlengde woonwa toer iewers volgende jaar?? Kyk asb na die roete wat ons gaan ry en laat weet asb watter woonwaparke daar op hierdie roete is wat moeite werd is om by aan te gaan vir 'n paar dae?? Ons sal dan gaan kyk hoe lyk die park? Verkieslik moet opinies gebaseer wees op eie eerstehandse ervarings?
Ons voorkeure is hoofsaaklik netjiese versorgde veilige oord, mooi staanplekke, goeie ablusies, mooi uitsigte (see is 1e prys) en besienswaardige omgewing. Vêr stap (hiking) is nie nodig nie (rugoperasie).
Die roete (sirkel) wat ons nou gaan ry met platkar is:
Kaapstad lughawe - Riebeek-Kasteel - Swellendam - Stilbaai/J'fontein - Agulhas/Struisbaai - Gansbaai - Hermanus - Durbanville - Kaap Lughawe.
Ek ontvang graag jul aanbevelings van watter parke om na te gaan kyk (Recce?)..
Dankie.
Jy kan gerus by Skurweberg in Robertson in loer. Nie heeltemaal op jou roete nie
In my valley (Riebeek Kasteel) there is "Fish Eagle River Lodge" at Hermon on the Berg River.
Other than that, we have just spent a month camping at Bontebok NP, Swellendam.
Between Franshoek and Paarl you have "De Hollandsche Molen" and "Berg River Resort".
ELU geniet die toer en beplanning
Tussen Riebeek en Swellendam is daar ook (met 'n paar kilometer-afwyking) Montagu karavaanpark. Soos Richard genoem het, is Bontebokpark (Swellendam) 'n goeie opsie. Jongensfontein beskik oor 'n netjiese karavaanpark. Ek raak nie opgewonde oor Struisbaai- of Agulhas se karavaanparke nie. Maar naby Gansbaai is die baie netjiese Strandskloof karavaanpark. By Hermanus is Onrus karavaanpark en Kleinmond se karavaanpark is onlangs geprivatiseer en baie netjies opgegradeer.
Ek het toevallig nou net van die Fish Eagle River Lodge in die Riebeekvallei geles. Lyk soos 'n baie mooi plek maar ek het een beswaar daarteen: Niemand onder 18 jaar word toegelaat nie. Klink vir my soos 'n regte ouetehuis maar dan ook die tye wanneer ons uitkamp, buite skoolvakansies, is daar nie juis kinders in kampe nie behalwe kleintjies. Ons hou van die lewe wat kinders aan 'n kamp gee en mis hulle. Bietjie duur teen R410 per mag maar ek dink ek salnogtans oorweeg om daar oor te staan op ons volgende wegbreek Weskus toe.
Fred, wees meer spesifiek asb. Is die R410/nag vir 'n persoon of 'n staanplek??
R410/nag vir 2 oumense is amper aanvaarbaar, maar nie per persoon nie.
R170 pp plus R70 vir krag dus R410 vir 2 persone. Dit lyk nie of daar tariewe vir pensionsrisse is nie. Dis die enigste kampplek in die omgewing so nie ʼn ander keuse as mens daar wil oorstaan nie.
Dankie Fred, ek het by Montagu karavaanpark ook die tendens gesien van ekstra betaal vir elektrisiteit.
Daar egter betaal mens 'n gewone staanplek tarief, maar as jy meer as 'n toegelate ingeslote eenhede elektrisiteit gebruik, betaal jy ekstra daarvoor.
Klink heel billik, veral vir mense wat langerig staan en baie elektrisiteit gebruik.
Ek het toevallig nou net van die Fish Eagle River Lodge in die Riebeekvallei geles. Lyk soos 'n baie mooi plek maar ek het een beswaar daarteen: Niemand onder 18 jaar word toegelaat nie. Klink vir my soos 'n regte ouetehuis maar dan ook die tye wanneer ons uitkamp, buite skoolvakansies, is daar nie juis kinders in kampe nie behalwe kleintjies. Ons hou van die lewe wat kinders aan 'n kamp gee en mis hulle. Bietjie duur teen R410 per mag maar ek dink ek salnogtans oorweeg om daar oor te staan op ons volgende wegbreek Weskus toe.
Ek lees van meer kamp tereine wat weer die reel instel van geen kinders. Afgelope week ook van een gelees is Dinokeng. Ek het volle begrip daarvoor veral in n Big5 omgewing waar stilte van die natuur die hoof aantrekkings pleister is.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die ekstra betaling vir elektrisiteit is nogal ʼn moeilike een wat my nie te veel pla nie. Ons gebruik min krag- net ʼn klein yskassie, laeverbruikligte, ketel, mikrogolfoondjie en elektriese stoofplaat. Onlangs by die Eiland in Limpopo was daar ʼn Mobilodge wat dag en nag ʼn lugreëlaer aangehad het. Die mense gebruik seker 10 of 20 maal soveel krag as ons. As ons nou elkeen R70 per dag sou betaal (net as voorbeeld want jy betaal nie ekstra daar nie), sal ek verneuk voel. Maar ek besef my staankoste sluit ʼn vemiddelde verbruik in waar die ou met die Mobilodge dus deur my en ander gesubsidieër word. Die oplossing sou wees indiwiduele meters op elke staanplek maar dit sal onpraties duur wees vir die oord en die administrasie daarvan in ʼn groot oord, veeleisend. Miskien vra watter apparaat elke kamper het en volgens ʼn tariefskaal laat betaal vir elke item wat krag gebruik. Dis dalk ook onprakties en sommige mense sal die stelsel probeer verneuk soos ons weet. En die mense wat die meeste sal betaal dal waarskynlik juis dié wees wat die meeste krag gebruik.
Miskien moet ons maar net die effense onregverdighede vergeet en maar net die uitkamp geniet.



