Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23089 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18484 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Lid | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1352 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Lid | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 359 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Goud Lid | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Stretcher Modifikasie
Ek het 'n Campmaster opvou stretcher met 'n los matras wat ek gebruik as ek met die tent gaan kamp. Die bed is nogal ongemaklik as die ouderdom begin intree. Het iemand al 'n modifikasie gedoen om n plank op te sit met die matras bo-op?
Ek het 'n Campmaster Dubbel bed strecher (die Spinnekop tipe) wat ek gebruik met 'n plank en spons matrass. Slaap soos by die huis op dit.
Die strecher het gekom met 'n opblaas matras wat ons al in 2011 weggegooi het.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Miskien simpel vraag....maar hoe vervoer jul so n groot plank, veral as dit tent kamp is?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Probeer ook n dun tipe opblaasmatras opsit, maar dan moet jy jou le kan le en nie rondrol nie !
Die Spinnekop strecher vou op soos normaal. Die dubbel bed groote plank is in die helfte gesny en weer met aliminium skarniere aanmekaar geheg sodat dit in die helfte kan vou. Die plank lê dan plat op die Tipper se bak tussen die wheel arches. Die spons matras is eintlik maar die enigste uit daaging want die spons vat baie spasie. Die matras het ek ook in die helfte gesny en dit laat oortrek met seil ripstop materiaal wat van nature waterdig is, en ek het 'n cover laat maak wat ek ook bo oor die 2 matrasse trek. Die twee helftes matrasse sit op 'n dubbel manier aanmekaar vas met velcro en oorklap velcro. So dit kom nie los vanmekaar as jy slaap nie.
Die dubbel water digting maak dat jy die matras bo op 'n bakkie se toneu cover kan vervoer. Selfs op 'n dak rak want dit is redelik lig.
Ek sê altyd as Ma gemaklik slaap en kamp, dan kamp jy elke maand en dit is priceless. As Ma nie gemaklik kamp nie, kamp jy dalk eenkeer 'n jaar. En dit is regtig nie aanvaarbaar nie.
So ek het plan gesien met die matras se bulkyness, want dis eintlik maar die enigste issue maar dit is 'n wenner in die plek van die afblaasmatrasse
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ons gebruik 2 x Meerkat Hunters Rest Strechers. Kan as ń stoel of strecher hebruik word. Hoogte is ook verstelbaar…..so dit vat nie twee pogings om op te staan nie. As hulle cup holders gehad het sou ek die hele dag in hom kan bly. Ingeboude spons mattras en bungie suspension. Bietjie lomp as hulle opgevou is maar well worth the effort.

Paul
Ons sit party keer ń self inflating matrass op as dit koud is. By Decathlon gekoop.
Trek een rooi prop dan blaas hy vanself op…..trek groen prop dan blaas hy aff.
Slaap sake werk ook baia beter as beddegoed…..beddegoed val aff. Jy koop die slaap sak met ń termiese bestandheid…-10C is reg vir ons klimaat. Decathlon!

Paul
Ek het ook so n spinnekop, camp master dubbel bed. Ons gebruik dit ook as ons tentkamp doen, as ons nie lus het om karavaan ver te sleep nie. In die begin was dit baie ongemaklik, ek het die volgende gedoen: die dubblbed na tent clinic toe gevat en 2 bree band oor die breedte laat vasstik, een waar jou rug le en die ander een hier by jou heupe se kant. dit gee baie meer stewigheid aan jou bed. Dan het ek 2 hardboard planke laat sny een aan my en die ander aan vrou se kant. dit gee ook meer stewigheid en vat die holgeid weg in die bed. Daarna die gemors opblaasmatras weggegooi en n ordentlike opvou kamp matras by outdoor warehouse gekoop. nou slaap ons vyfster. Die matras pas net mooi in op agter sitplek van my Ranger double cab. Onder die bed gooi ek gewoonlik n ou kombers wat die koue uit my Tentco 3x3 boogtent hou. Ons gebruik n Gazebo vir sit en otspen en kosmaak. Ek het n Game een met kante wat lank gehou het maar nou begin ingee. Kan iemand dalk voorstel watter Gazebo ek kan koop en waar, wat stewig is, met kante, maar nie die pyptipe nie.
Ons gebruik Natural Instincts se heavy duty stretchers met daai 3-divisie matrasse....sommer 2 van hulle. Slaap lekkerder as my bed tuis en mens staan lekker vanaf hom op...lekker hoogte en stewig. Bietjie duur...dink stretcher kos tans R1900 en matrasse so R750 elk. Mens hoef nie 2 op te sit nie, maar aangesien ons dit het en spasie het, vat ons 2 saam. Gekoop by Outdoor Warehouse. Ons het al vele ander gehad, maar het na paar kampe gebreek.....hierdie hou al 8 jaar. Soos genoem....matrasse vat baie spasie, maar met karavaan is dit maklik
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Kan iemand dalk help, ek soek n ordentlike Gazebo, maar moet n quick set up wees, nie lus vir n klomp pype nie, dan kan ek netsowel my kombuistent gebruik. Die sykante moet indien moontlik kan toemaak met velcro. Ek het n gewone Game een wat na 7jaar se goeie diens nou begin skeur het....
Kan iemand dalk help, ek soek n ordentlike Gazebo, maar moet n quick set up wees, nie lus vir n klomp pype nie, dan kan ek netsowel my kombuistent gebruik. Die sykante moet indien moontlik kan toemaak met velcro. Ek het n gewone Game een wat na 7jaar se goeie diens nou begin skeur het....
Ons maak gebruik van Natural Instincts se Gazebo wat ek by Outdoor Warehouse gekoop het. Hy het 'n net reg rondom. Sykante was opsioneel.
Ek sal nooit all daai planke en spons matrasse ook in my kar kry waneer ons gepak is vir 2 maande se kamp nie. Dit sal net werk as jy n'bakkie het en jy pak vir kamp vir n'week. Ek is maar gevorseer om een te koop wat sonder modifikaasies gerieflik genoeg is. Die Meerkat Stretcher doen dit vir ons sonder enige modifikaasies. Maar hy is pricy.....R3240 of meer. Hy is ook swaar 11.6Kg maar kan 200Kg dra. Ek het lank huiswerk gedoen voordat ek die Meerkat gekoop het.
Ek sien n'soortgelyke Camp Master (padded delux) kos ook maar R3000.
Paul
My seun het ook die Camp Master padded, baie gerieflik maar bulky en pricy.
Sal kyk na die Natutal Instincts of Oz trail Gazebo, dink hulle is seker die beste, as jy na hul pryse kyk. Ek kan die kombuistent ook gebruik, maar nogal n mission om op te slaan, veral vir n kort kamp van minder dan 5 dae.....




