Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23120 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5992 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3822 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 384 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Rear View Camera
Hope someone can help
I have been into camping since 2008. Started off with a tent and upgraded in 2025 to a 2005 Jurgens Palma. I want to know, what rear view camera do you recommend to fit to the back of the caravan that will assist not only with reversing, but also when driving to ensure safety on the road and to see cars behind you when towing. Its my third time towing a caravan and my nerves are shot when I want to overtake and cant see cars in a distance behind me. Any positive feedback is appreciated
Ons het n wireless een. Werk vir my goed. Maklike instalasie sonder al die klomp drade
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Maar ek lees wired is beter as wireless?
Ek is nou heeltemal nuut op die groep so verskoon as ek dom vra vra, maar werk jou reverse kamera ook terwyl jy sleep sodat jy agter die wa kan sien op die snelweg?
Theo, welkom hier, en vra gerus. Ons leer almal by/van almal.
Ek het nie 'n tru-kamera nie, maar is onder die indruk dat dit heeltyd 'n beeld gee, van wat agter jou wa aangaan.
Ja.....is permanent aan omdat ek nie extended sy spieels gebruik nie. Google op die groep "rearview camera" ....daar is heelwat info wat nuttig gaan wees
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
More Theo.
Jy gaan 'n redelike verskil in antwoorde kry weens die feit dat daar 'n paar produkte op die Mark is en deur verskeie mense gebruik word.
Ek self gebruik die Rearview Cameras sedert 2011 as ek reg onthou. En ek gebruik die wat met draad werk. Die rede is maar dat in die tyd wat ek met die kameras geeksperimenteer het het die wireless nie so goed gewerk nie (steurings binne beboude gebiede), en die draad is heel gemaklik plug en play.
Nou daar is verskeie monitors van klein tot redelik groot, van die wat op die dash monteer tot die wat op die middel spieel vas knip. En dan groot verskil in van die goed se pryse ook.
Selfde met die kameras. Klein, groot, rondes, vierkantiges, en sommige 'n groot verskil in prys.
Jy moet maar vir jouself besluit of jy duur goed wil koop of die goedkoop gemaklike plug and play China produkte.
Daar is 'n man op Facebook wat alles verskaf wat jy nodig het in die draad tipe opsie van monitor reg deur tot kamera as ek reg onthou vir onder R1800-00.
Nou ek gebruik die goedkoop Chinese produk wat met draad werk.
Die monitor is 'n 7" kleur monitor wat op die middel spieel van my voertuig vas knip. Dis ongeveer dieselfde grote as die middel spieel. Is uit die pad uit tydens normale bestuur obsevasies (Nie op die Dash nie) en as dit afgeskakel is funksioneer dit net soos 'n gewone spieel.
Die Kamera is 'n klein gewone en Infra rooi kamera wat goeie beeld verskaf dag en nag. Belangrik dit is 'n tru kamera wat automaties die beeld na agter om draai sodat 'n voertuig wat jou aan die regter kant verby steek aan die regter kant van die monitor gesien word presies soos wat dit in 'n truspieel sou wees. Die kamera het ook die groen, geel en rooi stadia lyne sodat jy weet hoeveel item agter jou is as jy terug stoot.
Die kamera is deurgans aan terwyl ek sleep en ek kan in werklikheid reg rondom my wa sien deur gebruik te maak van die kamera en bestaande tru spieels. As 'n voertuig my van agter af sou nader en verby steek , sien ek die voertuig lank reeds in die sy spieel van voertuig voordat dit uit die sigveld van die kamera verdwyn. Dit is dus glad nie meer nodig vir die vibreerende verleng spieels wat jy op die kant spieels van jou voertuig monteer nie.
Jy moet maar vir jouself besluit of jy R8000 vir 'n stelsel gaan betaal of onder R2000. Die volgende beslissing sal jou help met daai besluit. As jy na die monitor kyk, wat wil jy sien?..................... of daar voertuie agter jou is en rofweg hoe vêr hulle is. Of wil jy sien dis 'n Toyota Fortuner met 'n blonde vrou agter die stuur en sy is besig om Make-up aan te sit.
Laastens sleep ek nou met 'n nuwe Ford Ranger en die voertuig laat my toe om die R150 se kameratjie direk op die Infotainment Center van die voertuig te koppel. So ek gebruik nie eers meer die Monitor wat op die middel spieel vas knip nie.
Temu se Backup Camera se Monitor en cameratjie hardloop vir R400. Jy sal net by die Chinese Malls 'n ekstra kamera kabel moet koop wat onder deur die wa gaan tot by die hak .
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Baie dankie Leon
Jou antwoord is presies wat ek voor gesoek het en presies wat ek wil he. Ek het gelees baie mense kla oor die wireless modele.
Ek het nou - gebaseer op jou antwoord - vir my die onderstaande model aangeskaf, hopenlik sien ek nie n blond agter my haar grimering aansit nie!! LOLOL
Hy verkoop vir R2300.00 maar gelukkig hom nou op Takealot gesien vir R600.00
Baie baie dankie vir jou positiewe terugvoer
Geseende dag verder
Ek het wireless probeer en nie vir my gewerk nie omdat dit sekerlik Temu en Aliexpress Special was.
Het draad gedoen, het geen steuring op die monitor nie, ek het die een gekoop wat vas clip op die spieel en bietjie groot maar pla nie baie nie op die stadium maar ek sien mooi agter my ... it beats the going left and then right to see behind you... ek hou van iets met 'n agter venster maar meeste woonwaens het dit nie meer nie
Ek het met my vorige karavaan en kar n draad kamera ingehad. Leon het my nog gehelp om al die drade deur te trek. Kamera het nice gewerk. Ek het toe my karavaan ingeruil op n ander een....ek het toe kamera en bedrading afgehaal voor verkoop. Kort daarna het ek my bakkie ingeruil op n ander. Ek was toe nie lus om al die bedrading uit te haal nie....gedink ek gaan net nuwe koop met nuwe kar. Ek het toe hier op forum gelees van ander forum lid wat gelukkig is met sy draadlose instalasie. Ek het by hom die model nommer en specs gekry en daarvolgens gekoop. Was nie van die goedkoopste nie, maar ek gebruik dit nou sedert 2020 met groot sukses en gelukkig. Sou ek ooit weer nuwe kamera moet koop, sal dit weer hierdie wireless weergawe wees....lekker so sonder al die drade
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
My huidige kamera is ook "wireless". Maar eerstens is die skerm te klein na my sin en die kamera is op verkeerde plek geïnstalleer - laag onder, net bo die nommerplaat. Op 'n nat pad kom daar vog op die lens wat selfs die kamera se binnekant al infiltreer het.
My seun het 'n "wireless" kamera op sy Penta wat hoog geïnstalleer is en 'n lekker groot skerm het. Ek het nou 'n soortgelyke kamera bestel by die persoon wat syne installeer het.
Nie ek of hy ervaar probleme met die "wireless" modelle nie. Volgens Pine Joubert (Western Cape Caravan Movers), wat myne gedoen het, was daar wel probleme met die vroeëre "wireless" kameras, maar daardie probleme is aangespreek.
As daar ń probleem is met ń bedraade kamera stelsel lê die probleem by een van die drie laste/koppelings. Gewoonlik by die een wat gereëld gebruik word…tussen die woonwa en die kar. Spuit dit met Q20 en gewoonlik is die swak koneksie probleem opgelos.
n’ bedraade kamera geê min ander probleeme.
My bedraade stelsel werk nou al sedert 2016 foutloose.
Paul
My huidige kamera is ook "wireless". Maar eerstens is die skerm te klein na my sin en die kamera is op verkeerde plek geïnstalleer - laag onder, net bo die nommerplaat. Op 'n nat pad kom daar vog op die lens wat selfs die kamera se binnekant al infiltreer het.
My seun het 'n "wireless" kamera op sy Penta wat hoog geïnstalleer is en 'n lekker groot skerm het. Ek het nou 'n soortgelyke kamera bestel by die persoon wat syne installeer het.
Nie ek of hy ervaar probleme met die "wireless" modelle nie. Volgens Pine Joubert (Western Cape Caravan Movers), wat myne gedoen het, was daar wel probleme met die vroeëre "wireless" kameras, maar daardie probleme is aangespreek.
Ek het juis op Chris Boucher se aanbeveeling gegaan....baie happy. Ja, my vorige kamera was ook by nommerplaat en het dit te laag gevind....die pad was te veel op die skerm. Het hom nou bo teen die opwip dak vasgemaak. Voordeel is ook dat jy dan nie hoef te seel waar jy gaatjies gemaak het nie, want die gedeelte is bo-oor karavaan self, so sou hy lek, gaan water niks skade kan doen nie....loop net bo oor karavaan af
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Western Cape Caravan Fitment Centre
021-9810150
Pine Joubert
i use the wireless Autovision camera which, in my opinion, is the best camera I have had thus far - it includes wired on both the caravan and the boat and also wireless on the caravan that Wifi cameras that connected directly to my phone. It gives quite a wide view - on multi-lane roads one can see the vehicles approaching from behind in the camera until basically next to the caravan by which time one can see that vehicle in your car's side mirrors



