Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23028 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6708 |
| BrianB | 5955 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3739 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2185 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Lid | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 571 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Lid | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 326 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Goud Lid | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Parkeer op Perseel
Ek weet nie of hierdie plasing toegelaat gaan word nie, want dit het niks met karavaanparke of kampterreine te doen nie. Admin moet asb maar verwyder indien dit onvanpas is en as ek op iemand se tone trap.
Ek het die naweek iets interessant raakgeloop.
Op Facebook is daar 'n groep POP wat staan vir parkeer op perseel/park on premises waar mense vanoor die hele land veilige parkeerplek op hulle persele aanbied vir motorhomes en karavane vir een nag, gewoonlik gratis, maar jy moet selfversorgend wees t o v water, elektrisiteit en ablusiegeriewe. Daar is variasies beskikbaar, maar dit hang van persoon tot persoon af wat hulle bied.
Dit kan lekker werk vir mense wat op reis is en net vinnig een nag veilig langs die pad wil slaap (waar daar bv nie 'n karavaanpark of kampterrein beskikbaar is nie, soos wat gereeld met my in die Noord Kaap gebeur...) en die volgende dag weer verder ry.
Gaan soek gerus die groep en dalk kan dit inpas by jou reisplan.
Ek sal verseker gaan soek na die groep. Dit kan verseker help met 'n veilige oornag plekkie as daar nie 'n volwaardige karavaanpark in die omgewing is nie.
Dit is regtig 'n baie chapperige idee wat iemand die lig laat sien het, veral in die huidige omstandighede wat in SA aandie gang is.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie vir die inligting. Dit is net jammer dit is op Vleisboek. Ek gaan nie daar nie. Is daar miskien iets soortgelyk op WhatsApp?
Ek kan by voorbeeld nie plek in Forever in Phalaborwa vir die 18de Julie kry nie. Ek sal graag van n' tuin staanplek wou gebruik maak.
Paul

Paul, vra vir GPT op Google.
Daar is enkele opsies beskikbaar. Indien jy jou epos adres vir my kan laat kry, kan ek dit vir jou stuur.
My epos is cjvdm55@bmzil. om of selnr. 072 465 4987.
Dankie Chris.
Ek het nou net n’ plek gekry by Shingwedzi vir die 18de
Paul
Dankie vir deel puik idee
Middag ek het bietjie savoring gedoen oor n vakansie wat ek en my vrou wil doen in Switzerland en ek het op n appafgekom Park4 night en daar is Baie sulke plekke waar n person Kan staan vir net een nag of twee as jy so deur die land reis . Dit Sal lekker wees as daar so iets in suidafrika .

My dogter was onlangs in Noorweë en sy het dieselfde gesê t.o.v. oornagplekke. Sy't foto's gestuur van sulke fasiliteite - waarop jy kan sien dat dit nogal populêr is onder motor home gebruikers.
Dit is die hele idee van die "POP" in Suid Afrika ook, maar dit is nog baie onbekend en dit lyk my die bemarking daarvan is nog nie lekker op dreef nie. Die enigste plek waar ek staanplekke kon opspoor is op hulle Facebook blad.
Hi almal, Ek is toevallig besig om 'n resource te ontwikkel wat die hele POP proses hopelik makliker sal maak. Dis nog maar rou en al die inligting is nog nie by al die partye ingewin nie, maar gaan loer gerus. Enige terugvoer sal waardeer word.
https://popkamp.glide.page
Goeie idee. Ek meen die gedagte was om by mense se huise te kampeer soos ek vorige plasings hier gelees het. Ek het by Polokwane, my plek gekyk en dit lyk of n karavaanpark daar genoem word. Ek sien nog ander sulkes. Dit klink vir my teen die gees van die idee.
Ek dink dis 'n geval van Ja en Nee. Meeste van die plekke is gewone mense wat fasiliteite het vir mense om net 'n vinnige oornag the "POP". Maar soos ek nou gevind het, is dat daar baie Karavaanparke en soortgelyke plekke is, wat bereid is dat mense kan "POP" GRATIS of vir 'n klein fooi, eerder as om die gewone tarief te betaal.
Net toevallig... Klein Paradys Karavaan Park is die listing wat jy van praat.
Hulle listing is as volg:
Klein Paradys Lodge
Polokwane
Gratis parkering solank jy selfonderhoudend met eie badkamer en krag is.
Ok. Dis intdtessant.
Ek isbaie bly dat ek tot hierdie groep kon inskakel. Vir meer as 35 jaar het ek gewoond geraak aan kampering. Van kindsbeen af het ek met mu ouers gaan kamp totadt ekself later met my seuns begin kamp het. Ons het gebruik gemaak van tentkampering en somtyds by selfsorggeenhede ingeboek tot sover as Areena river resort in Oos-Londen. Ons het ook gebruik gemaak van kampeerplekke naby ons sommer vir n naweek of oor die kersgety.
So 12 jaar gelede oorgeskakel na karavaankampering omdat my gesondheid my nie meer toelaat altyd vir tentkampering nie. Ek het nou n netjiese Jurgens Sprite Swing 2003 model gekoop. Netjies en die rally tent was nog nooit gebruik nie. Karavaan was goed opgepas, geen houtvrot, lugversorger in goeie kondisie, vensters en deure seël perfek. Kon nie 'n fout met hierdie kopie gedoen het nie.
Oor die tyd sal ek maar kers opsteek by die ervare manne.
Groete
Baie welkom hier. Ons hoop jy sal aktief wees op die forum. Vul gerus jou profiel aan. Dis lekker om meer te weet van lede en as jy vrae vra, kan ons ook beter anmtwoorde verskaf as ons meer van jou weet.
Ek het nie n badkamer in my karavaan nie, so kan nie saam oorslaap nie. Maar...al sou ek badkamer in karavaan hê, wonder of ek van sulke gratis dienste sou gebruik maak. Oorslaap oorde is in die algemeen baie goedkoop. Oorslaap is ook deel van my vakansie. Ons maak dit gesellig, al staan ons net vir 1x aand oor. Ons geniet om oorde te besoek en te "explore " ....so het nie behoefte om te gaan soek vir gratis oorslaap plek in n parkeer area nie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Stem saam met Chris en Geert, ek betaal eerder 'n paar Rand, en voel nie soos 'n bywoner wat net verdra word nie.
Ek wonder net, hoe gerieflik en toeganklik is sulke POP erwe.? As ek nog moet sukkel en rangeer om in en uit te kom, en dan boonop die werf se "vriendelike " honde ook moet respekteer, gaan ek sukkel om nie my naam gestand te doen nie.
Sekuriteit is natuurlik ook 'n faktor.
Nee wat, ek beplan maar my toer sodat ek by gewone woonparke geholpe kan raak. Selfs al is dit op 'n Karoo-gasteplaas met plaveisel staanplek, elektrisiteit, water en ablusie.
Ons het nog net buite die Wildtuin se hek (Punda Maria en Orpen) oor geslaap (ariveer na toe maak tyd) en een keer lank geleede (1999) in n' hospitaal in Thohoyandou (Baremhartigheid) se parkeer terein oor geslaap. Ons doen dit nie meer nie want dit voel onveilig.
Ons beplan? maar nou ons trip so dat ons n' kampeer terein op pad sal gebruik. Ons kuier nie juis daai aand nie tensy daar mense is wat ons all ken. Ons soek net n'oornag plek waar ons veilig kan slaap. So vir ons sal n' POP miskien werk.
Paul
Stem saam met Chris en Geert, ek betaal eerder 'n paar Rand, en voel nie soos 'n bywoner wat net verdra word nie.
Ek wonder net, hoe gerieflik en toeganklik is sulke POP erwe.? As ek nog moet sukkel en rangeer om in en uit te kom, en dan boonop die werf se "vriendelike " honde ook moet respekteer, gaan ek sukkel om nie my naam gestand te doen nie.
Sekuriteit is natuurlik ook 'n faktor.
Nee wat, ek beplan maar my toer sodat ek by gewone woonparke geholpe kan raak. Selfs al is dit op 'n Karoo-gasteplaas met plaveisel staanplek, elektrisiteit, water en ablusie.
Ek het nounet vlugtig op daai blad gaan loer. Daar is n nuwe inskrywing met reels...jy mag nie daar rook nie, jy mag nie n kampvuur maak nie, jy mag nie daar braai nie....word aangewys om McDonald's by die straat af te gebruik as jy iets wil eet. Nee dankie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜