Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23092 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18486 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1353 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 360 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
NANOTAPE
Ek het gister 'n nuwe ding ontdek wat ek dink baie nuttig kan wees, nl NANOTAPE. Dis 'n tipe 'double sided tape' maar heeltemal anders. Dit het nie gom nie maar voel klewerig. Dit werk soos 'n geitjie se pootjies met miljoene nano (kleiner as mikroskopies) buisies. Dit plak sterk maar nie permanent nie, dit kan oor en oor gebruik word en kan gewas word as dit vuil raak. Dit plak selfs op nat oppervlaktes en kan blynbaar op bykans enige oppervlakte gebruik word behalwe as dit olierig is. Gaan lees gerus daar oor- onder andere op https://en.wikipedia.org/wiki/Nano_tape. Ek het dit by 'n Sjinese winkel gekoop in 'n 3 meter rol vir R50 en Takealot het dit ook. Dit lyk nie of dit al by handewarewinkels beskikbaar is nie. TEMU verkoop dit ook.
Dis baie interresant!
Het jy dit al beproef?? Ek is gewoonlik bietjie skepties oor die Chinese winkel produkte/namaaksels, maar is ook al vele male verras met hul produkte wat wel werk??
Is die 'suig-aksie' aan albei kante van die kleefband??
Volgens wat ek lees is dit in Rusland ontwikkel en word ook deur groot bekende maatskappye vervaardig. Dit plak aan beide kante. Ek het maar gister daarvan bewus geword so ek het nog nie ondervinfing daarvan nie maar ek eksperimenteer. Lees gerus artikeld daaroor op Google.
Dit word ook ghecko tape en ander name genoem.
By Temu gekoop. R50 for all

Paul
Ek ondersoek maar nog die moontlikhede van die nuwe produk, maar ek dink dit kan baie nuttig wees. My GPS wat met 'n suigkoppie(? regte vertaling vir suction cup?) aan die voorruit plak, kom gereeld los, soms op 'n ongerieflike tyd terwyl jy op die grootpad ry.. Die nanotape is baie rekbaar en ek het nou 'n strokie van dit oor die suigkoppie gerek, dit vasgedruk in die holte en dit weer aan die ruit geheg. Ek meen dit kan nou die probleem oplos. Wat ek nog nie weet nie, is hoe bestand dit teen sonlig is. Vir die doel het ek 'n stukkie teen 'n kamervenster geplak waar die son daagliks bykom en nou hou ek dit dop.
Omdat die nanotape baie sterk aan gladde oppervlaktes plak, kan dit dalk 'n problem wees om dit weer af te kry indien nodig. Op Google vind ek egter dit nie te moeilik nie. Daar moet net 'n klein puntjie van die nanotape uitsteek. Jy trek dit dan eenvoudig en bietjie vir bietjie rek dit en kom tussen die twee vlakke uit. Die deel watr rek, raak los van die twee vlakke. Dis heel anders as 'double sided tape' wat amper permanent heg en waar jy 'n mes of iets soortgelyk moet indruk om dit los te kry.. Ek het dit op die proef gestel en dit werk. Dis interessant toe ver die band kan rek en as jy dit toelaat, keer dit terug na sy oorspronklike vorm. En as dit vuil is, kan jy dit met water of seep en water was en dis weer reg om hergebruik te word. Dit plak selfs aan 'n effens klam oppervlakte want dit is nie 'n gom nie.
Gaan kyk gerus op internet, dit het ook die moontlikheid om oulik borrels te blaas omdat dit so kwaai kan rek. Dis iets wat kinders lekker mee kan speel.
Dankie...het nou ook bestel op TEMU. Moes egter R370 se ander goed saam koop aangesien hulle minimum R400 bestelling neem
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het myne by n Sjinese winkel gekoop teen R50 vir n 25mm by 5 meter rolletjie.
Ek het pas nog 'n gebruik vior die ding ontdek. Ons het 'n nuwe yskas gekoop en in beide die yskas en vriesgedeelte is slegs die boonste deel van die deure toegerus met rakkies. Daar is dus heelwat onbenutte spasie wat nie sin maak nie. Daar is wel plek vir addisionele rakke wat die diepte betref. Ons het plastiek-rakkies van die regte afmetings gekoop en dit met die band binne aan die deure geheg. Die rakkies is van deursigtige plastiek soortgelyk aan die waarmee die yskas toegerus is en die nanotape is heeltemal deursigting soos glas en daarom effektief onsigbaar. Dit klou baie sterk op die regte oppervlaktes soos die yskasdeure en baie duursaam so dis myns insiens 'n perfekte oplossing. Anders as 'doublke sided tape' laat dit nie merke as jy die verwyder nie. Die verwydering is nogal moeilik omdat dit so styf plak maar nie onmoontlik nie.
Ek is mal oor nauwe uitvindsels!
Die proef wat ek teen die son in die venster geplak het, moes ek na 'n paar maande verwyder omdat dit vir my vrou onooglik gelyk het. Dit het nie sigbaar verswak nie so ek meen as dit vir maande in die son kan hou, sal dit baie lank in die skadu hou. Volgens internet is dit ook heel duursaam maar en hou daarvan om self seker te maak.




