Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23089 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18484 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Lid | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1351 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Lid | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 358 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Goud Lid | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
LUGVERSORGING EN KONDENSASIE
Goeiedag! Ek wil net graag weet of enigiemand kondensasie binne hul woonwa ervaar nadat die versorger deur die nag op 18 grade geloop het. Ek ervaar dit op my Jurgens Elegance. Al die vensters, luike en deur is toe. Die kondensasie is nie baie erg nie - dis nie sigbaar nie - maar as jy oor die kaste ensomeer vryf, kan jy dit duidelik voel. Ons staan tans vir drie maande by Yellowsands en het dit tweekeer ervaar gedurende warm, bedompige aande. Ek wil eerstens weet of dit nadelig is, want, as die kondensasie op die oppervlak kan vorm, sou dit vir seker in ander hoekies kan vorm waar ek nié kan afvee nie! Tweedens wil ek weet of 'n ordentlike ontwasemer (dehumidifier) sal werk en die probleem kan hokslaan. Alternatiewelik, moet die versorger dan maar dalk slegs vir sowat twee uur na ons gaan slaap, aanbly. Enige raad sal verwelkom word.
Ek gebruik die goed, trek meeste vog, selfs as die woonwa in motorhuis staan en het hy altyd een in

We also use a moisture absorber when the van is not being used. When we are away in the van we never leave the aircon running while we sleep at night.
Agreed Brian, actually quite scary how much moisture it draws out of a closed van in the garage... I never pop the roof in the garage as there is too much dust... My moisture absorber due for replacement as it does not last 60 days
Time to fit ceilings in the vans garage
I bought the van last year as has not moved since I bought it 😬
Smaak my Marius slaap styf agter sy Vrou se rug as die lugversorger op 18 gestel is.. 😂
Iets klink vir my verkeerd. Ek is oortuig dat lugreeling juis die vog onttrek uit die geslote ruimte wat dit bedien. Dink aan jou voertuig, hoe vinnig die "air con" die voorruit ontwasem. dit is mos ook die rede waarom daar water drup uit die lugreeling se uitlaatpyp, of nie.
Dit laat die vraag, is daar enige vensters oop in die woonwa terwyl die "aircon" deurnag loop?? Vogtige lug kan dan inbeweeg en kondenseer op die koue oppervlakke.
Dalk moet die lugreeling op hersirkuleer gestel word. Anders trek dit heeltyd vogtige lug van buite in.
Grompie, as die buitekant afkoel gaan jy kondensasie kry binne veral in 'n oop area soos 'n woonwa
ek het dit gekry op regal met die dak opgedruk as ons kamp met alles toe veral as dit begin afkoel in die nag
ek kry dit selfs op my bakkie, as die aircon te hoog gestel is vries die venster binne so as dit reen gebruik ek die heater in die bakkie saam met die aircon om temprature reg te hou en dan kry ek minimaal kondensasie en venster bly oop... stel hitte minimaal op jou voete en die res van die lug op die windskerm... ek haat 'n heater in 'n kar maar as dit reen werk dit mooi
Die ou woonwaens het altyd 'n klappie gehad wat jy kon oopmaak op die vloer vir moontlike gas lekke met die yskas en stoof... dit sal ook mooi werk om kondensasie te stop.
onthou ook 'n aircon vat die lug tot onder doupunt... dis wat pla
Die aircon in my wa het ook 'n funksie wat die vog kan verwyder. Maar ja ek gebruik die ding baie min.
Ek gebruik die goed, trek meeste vog, selfs as die woonwa in motorhuis staan en het hy altyd een in

Hierdie goed werk puik.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek twyfel netsoos Wessel of dit die lugreëling is wat die kondensasie veroorsaak. Soos die lug oor die koue rooster van die lugreëlaar gesuig word, koel dit af en oortollige vog in die lug kondenseer op die pype en loop uit deur 'n pypie. Die lug wat anderkant uitkom is dus versadig teen die temperatuur van die verkoelrooster. Omdat die lug in die karavaan aansienlik hoër is as die verkoelrooster is dit dus heelwat onderversadig aan vog en daar kan dus nie verdere kondensasie plasvind nie. Ek dink die oorsaak moet elders gesoek word. Ons weet dat warmer lug meer vog kan bevat as koeler lug.
Hierdie situasie verskil van die van 'n karavaan wat toe staan met lug wat dalk redelik versadig is en wat dan vog kan afgee an die absorbeerkannetjie.
Wees versigtig om die lugreëlar op hersirkuleer te stel. As daar geen nuwe lug die karavaan binnekom nie, gaan die mense in die karavaan die persentasie van die suurstof binne die karavaan geleidelik verminder. As dit te lank aanhou, kan hulle bewusteloos raak en versmoor maar ten minste gaan hulle heel moontlik met 'n dik kop en dalk hoofpyn opstaan die volgende dag. Mense gebruik soms 'n gasverwarmer in 'n vertrek en hou alles toe om dit gesellig warm in die vertrek te hou en dan kan hulle versmoor. Daar het juis 'n tyd gelede twee mense versmoor oor 'n gasgeyser wat nie behoorlik geventileer was nie.
Ek dink nou daaraan, in die winter met die Kavango met sy tent voorste bed, is daardie tentdakkie altyd drup-nat teen opstaantyd. Dit is bloot omdat die seil buite temperatuur aanneem, die warm asems styg op, en kondenseer op die koue seil.
Ek stel voor julle stel die lugreeling effe warmer, seg so 23C, en kyk wat gebeur. As ekstra voorsorg, kry van daai vog absorbeer produkte soos wat Pontius voorgestel het.
Ek sou, as die aircon deur die nag loop, die dak vent verste vanaf die aircon oopmaak vir lugvloei.
My eerste trip met ons Fleetline was die dak opgelig, maar alle gate toe want dit was baie koud by die Karoo Nationale Park. Ek het in die nag wakker geword van water wat van die dak af drup. Ek bel due volgende oggend die karavaan plek en kla oor die gemors wat ek gekoop het.
Nodeloos om te sê dat aand 2, op aanbeveling, is die surrounds op die dak bietjie oopgemaak en ons het baie droog geslaap.
Baie dankie aan elkeen met hul insette! Ek waardeer! Ek het by KI navraag gedoen oor my spesifieke lugversorger en wat elke knoppie se funksie is op die afstandbeheer. Kom toe agter my versorger het 'n ingeboude ontwasemer! Het 'n proeflopie gedoen en dit op 18 grade gestel en "DRY". Groot was my verbasing toe die lug sommer gou afgekoel het, maar die beste was géén kondensasie na 'n hele nag se afkoeling nie! "Happy wife, happy life!"
Baie dankie aan elkeen met hul insette! Ek waardeer! Ek het by KI navraag gedoen oor my spesifieke lugversorger en wat elke knoppie se funksie is op die afstandbeheer. Kom toe agter my versorger het 'n ingeboude ontwasemer! Het 'n proeflopie gedoen en dit op 18 grade gestel en "DRY". Groot was my verbasing toe die lug sommer gou afgekoel het, maar die beste was géén kondensasie na 'n hele nag se afkoeling nie! "Happy wife, happy life!"
Ja dis die funksie waarvan ek gepraat het. Oppas net die droe lug kan jou keel seer gee as jy heel nag deur so met hom slaap.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !




