Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23089 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18484 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1351 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 359 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Karavaan Parke naby Sun City
Opsoek na goeie karavaan kamp naby Sun City Maart 2026
Die inligting oor Bakgatla en Manyane is moeilik. Bestaan hulle nog ???
Hoor graag van julle
Joahn Griesel
Mosselbaai
0824441713
Ek hou graag dop hier. Enigste waarvan ek weet is Manyane en Bakgatla, maar as ek so op facebook lees het hierdie 2 plekke baie agteruit gegaan....groot jammerte
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die twee oorde is die enigste waarvan ek weet. Ek was baie jare laas daar gewees en daai tyd was ek nie beindruk nie. Ek het 'n mission gehad om die papier doringtjies uit my grondseil te kry na daai kamp. Dit was by Manyane. So twee jaar voor dit het ons by Bagatla gekamp en dit was nie te bad nie.
Maar dit is 'n hele paar jaar terug. Ek het nie 'n Koeking Clue van hoe dit nou daar lyk nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek het die week gelees van persone wat by die maand by Manyane was. Volgens hulle was ablusies skoon en alles het gewerk. Personeel het verbete staanplekke skoongemaak.
Ongelukkig is restaurant, winkel, kantore by woonwapark steeds afgebrand. Ek sleep eerder Manyane toe, as na Bagatla. Die rede is voor die handlliggend op google maps.
Goeie woonwapark naby kan seker Buffelspoort ook wees. Kyk maar op google maps wat afstand is.
Jy kan Manyane probeer, soos genoem, Ablusies is oud, maar baie skoon.
Daar is baie stands om te kies met krag en water punte.
Bobbejane is 'n probleem met kos steel uit die tent, dit wat hulle kan sien.
Bakgatla, laas toe ons daar gekamp het seker 4 jaar gelede, die saal word naweke uit gehuur vir funksies vir die plaaslike gemeenskap, daarom doen ons die Manyane kamp baie eerder.
Baie jare gelede, toe die bestuur wakker was, was die stands lowergroen, nou is dit net sand, maar nie regtig stowwerig nie.
Ek dink die reservaat se wilde prysverhogings begin Desember het ook klompie mense afgeskrik. Ek betaal liewer bietjie meer en geniet n stiller Pilanesberg. Wonder of hulle nog die 50% afslag gee by reservaat vir inwoners by Manyane en Bakgatla?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons beplan die midweek Sondag tot Vrydag by Manyane die eerste week in Februarie.
Sal bietjie pryse en foto's update.
Ek weet net jy moet alles saamvat, laas het daai klein Spaza shop bykans alles vir R30 verkoop en daar is net water, hout, fire lighters En die goed wat die werkers daar koop.
Pierre, sien uit na jou terugvoer, ons oorweeg om Maart te gaan vir 'n mid- week.
Ek weet dat die veral die teerpaaie binne die wildtuin vrot verby is. Hopenlik het grondpaaie die afgelope november en Desember reens deurstaan.
Baie dankie vir al die terugvoer !
Wag in spanning wat Pierre gaan ervaar die paar dae in Februarie
Groete
Hi. Die Selfoon nommer 076 842 8654 word nogal geantwoord as jy Manyane Resort soek.
Naweek tariewe vir Manyane kampeer is R357pn per stand en R285pn op die Sondag tot Donderdag slaap Midweek special. Werk dan uit op R1425.
Die tariewe tot die park is belaglik met die vrot paaie en niks herstelde bird hides as R168pppd so 2 persone 5 dae kos R1680 - 50% pensionaris afslag is dit R840. (Gryskop werk darem hier)
As ek die somme reg gehoor het, dan werk die Midweek en Park besoek uit op so R2265 vir die 5 dae se slaap in Manyane en 5 dae se Park rondry.
Sal fotos neem sodra on daar is.
Hul vra vir kar ook.

Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Hi. Die Selfoon nommer 076 842 8654 word nogal geantwoord as jy Manyane Resort soek.
Naweek tariewe vir Manyane kampeer is R357pn per stand en R285pn op die Sondag tot Donderdag slaap Midweek special. Werk dan uit op R1425.
Die tariewe tot die park is belaglik met die vrot paaie en niks herstelde bird hides as R168pppd so 2 persone 5 dae kos R1680 - 50% pensionaris afslag is dit R840. (Gryskop werk darem hier)
As ek die somme reg gehoor het, dan werk die Midweek en Park besoek uit op so R2265 vir die 5 dae se slaap in Manyane en 5 dae se Park rondry.
Sal fotos neem sodra on daar is.
Pierre....as jy gaan, wil jy asb uitvind of kampeerders wat by Manyane en Bakgatla bly, steeds 50% afslag kry op fooie vir die reservaat?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
EK sal, sodra ons daar is, mooi hoor. Ek verstaan nie mooi die Engels van die een wat die foon antwoord nie - so, ons praat bietjie by mekaar verby.
Die nommers wat ek het van Pilanesberg Park word geensins beantwoord nie en lyk my die response op eposses verander in slakke pos.
Dankie, ek hou ook hierdie terugvoer dop. Pilansberg en Manyane bly maar die naaste wildtuin vir my. Oresies 100km van my huis af.
Dis net daai vreeslike selfgemaakte spoedhobbels deur die nedersettings wat 'n pyn in die blaker is.
As ons Manyane toe gaan, bespreek ons altyd aanlyn via Golden Leopard Resorts. Dit lyk of hulle onder andere Bakgatla en Manyane bestuur?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek is onder die indruk dat Golden Leopard Resorts al die kampe aanliggend van Pilansberg besit.
Hulle moet net besef dat swak bestuur van die park, hulle belange nadelig raak. Die meeste besoekers is redelik g..tvol vir die swak/geen onderhoud van paaie en goete binne die park.
Ek twyfel of daar enige NW parke/widtuine is wat goed besuur/onderhou word.
Toegangsfooie tot die park is soos Geërt se foto.
Pensionaris betaal R85pp per dag. Geen koste per voertuig en geen Afslag as jy kamp by Manyane of Bakgatla nie.
Deursnee ry die grondpaaie lekkerder as die teerpaaie.
Naby Bakubung is die grond opgeskraap om die stukke Vermiste teer te vervang.
Ons het egter geen padskraper in die park tot sover gesien nie. Hulle wag glo tot na die reënseisoen voor paaie geskraap word en slaggate met teer opgevul gaan word.
Gras is baie mooi en ruig, dus sien jy nie kleiner boksoorte nie. Ons het nog geen katte gesien nie.





Pierre, die woonpark lyk nogal baie netjies en versorg.
Dit lyk of julle aan die Oostekant van die laaste ablusieblok staan. Die ene naaste aan kindersse speelparkie en afgebrande swembad.
Daar is 2 lieflike skadu plekke waar mens heeldag omtrent in koelte staan. Die geplaveide paadjie na ablusie blok loop daarlangs.
Geniet julle wegbreek, en mag ou leeu julle tot vervelens pla in die pad
Ek kan foto's van die paaie neem, maar orals op sosiale media is foto's van vrot paaie en hier in die kamp, dit wat stukkend is, maar dan stem dit 'n mens net negatief.
Dit wat werk is skoon, bestuur is afwesig - daar staan meer "staff voertuie" as wat in die totale park is.
Die Karavaan shoppie cater eintlik maar vir die werkers se behoeftes. Vir die week is ons 3 x gryskoppe se woonwaens en dan is daar 2 x verskillende Duitsers met daktente wat ook hier kamp - verder niemand nie.








