Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23089 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18484 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1351 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 359 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Juweel van 'n oord net buite Nelspruit draad 1 HIPPOWATERFRONT
Graag wil ek my ondervinding van 'n fantastiese oord deel waar ons tuis was gedurende die paasnaweek. Kyk ook maar gerus op hul web werf vir ander fotos.
www.hippowaterfront.com en wat 'n bonus om ook troeteldiere met die nodige reelings saam te neem.
Die 3km grondpad het wel bietjie sinkplaat en voortjies gespoel maar omdat dit sandgrond is ry dit glad nie sleg nie. Die perseel het baie dele onder bome en pragtige gras. Verder is daar 'n groot "deck" wat tot by die rivier gebou is en mens kyk direk af op die water. Tussen die ry chalets waar die restaurant is en die rivier is mooi grasperk. Die restaurant/kroeg bied lekker ontbyt en aandetes wat mens vooraf kan reel. Persoonlik het ons die smaaklikste marcoroni en maalvleis wat ek nog ooit in 'n restaurant ge-eet het hier genuttig. Soos op die uitgangspad gesien kan word kan mens ook bv in die Buffalo chalets tuisgaan sonder dat mens eers jou woonwa hoef te gebruik as mens oornag. Daar is 'n deel kombuis vir elke 3-4 chalets met mikrogolf, opeas, yskas en eetgerei.
Johan is heeltyd beskikbaar en neem mens persoonlik na jou chalet met aankoms.
Ons het ook Klasie ontmoet by hul chalet en ja hierdie plek is volgens ander kampers ook hul keuse bo Lake Island wat wel bekend is wat wel so effens nader is aan die stad. Die tafief vir kamp is R295 per dag en die Buffalo chalets is R395 wat ek dink fantastiese waarde bied. Daar is 6 staanplekke en ek het die kamparea op 2 fotos hieronder. Die enkel gebou waar elke staanplek se sluitbare privaat ablusie is kan ook agter die 1 woonwa gesien word.
Verder het ons die inwonende seekoeie gehoor en gaan loer en al 7 van hulle gesien binne 30m v d kant v d wal. Wat 'n voorreg om so naby aan hulle te kon wees.
Weens die klomp fotos plaas ek dit op 2 drade.
Ek kan hierdie Lodge ten sterkste aanbeveel vir iemand wat wil ontspan of oornag op pad na oom Paul se plaas.











