Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23092 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18488 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1353 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 360 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Jare ondervinding.
Kan ons vasstel wat kamp ondervinding defineer.
Met tye voel dit asof sommiges, ek inkluis dit verkeerd verstaan het toe die oorspronklike jare ondervinding ingetik is.
Wat sou as n minimum ouderdom gereken kan word, 20 maak nie vir my sin nie moet seker dan eerder 21 wees. In my jare was volwassenheid op 21 bereik.
Persoonlik beskou ek nie ouderdom nie as n beskrywing van ondervinding nie.
So sou jy jou eerste kampervaring gehad het in jou doeke, en dit tel as ondervinding vorentoe, kan dit seker so wees?
In my geval het ek besluit, die eerste keer wat ek my sakke gepak het van my eie lyste, het dit eie ondervinding geraak, en so meegedeel.
Baie intersant, my "ondervinding" baseer ek op watter jaar het ek na skool begin kamp, sal graag ook wil sien wat is 'n behoorlike definisie. Voor dit het ek "onder toesig gekamp" ?
Ek het gedink dit is "sleep ondervinding".
Dagsê maters,
Verstaan nou eers die verwarring as ek elke ou hier se vertolking raaklees.
My perspektief was -- die eerste keer wat ek sonder Ma en Pa se "support" kon gaan kamp.
Vir my was dit in Std 4 op my eerste Voortrekkerkamp.
Ek het ongelooflik baie trieks in daai eerste paar jare gekry oor paklysies, pak-en-dra van uitrusting en kampgoed en hoe om dinge vir jouself gemaklik te maak met die minste side shows moontlik.
As my eerste sleepervaring moet tel was dit van 1981 af wat darem ook 'n skaflike 34 jaar op die boeke sit.
Sal voorlopig maar my definisie van kamp sonder Ma en Pa hou tot iemand ernstige gemoedsbetjortsing daaroor kry.
ek vat my ondervinding ook op as die eerste keer wat ek op my eie met my eie vervoer gaan kamp het geen ouers of so iets nie . want ek kamp al van die dag wat my pa die saatjie geplant het hel dalk is ek nog in n karavaan verwek lol. nee ek praat maar vir my self en dink dis van my eerste solo kamp af.
Die dag wat ek en twee pelle in 1982 en elkeen met sy tent die ou Suid Wes in gevaar het opsoek na avontuur vir n week.
Daarna op my eie in die bos,
Toe my skipper tent wa wat lekker gelek het.
My eeste karavaan in 1986 en daarna nog vier.
Herman ek was voor 21 getroud moes toe die karavaan kontant koop honeymoon in hom gehou afgesleep oos transvaal toe daar deur getoer en toe 2jr in hom gebly
In 1966 in Matriek en in 1967 met Willys jeep wat ons by my vriend se pa geleen het na Sordwana en in tent gekamp. As jong vakleerling is ek elke paar maande na 'n ander afdeling oorgeplaas en later in konstruksie ge-eindig waar en voltyds in karavaan gebly het.Nelspruit, Kaapmuiden Malalane en Komatipoort. Selfs na my troue het ons nog vir ses maande in karavaan gewoon.
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Volgens my kamp ek van ek kan onthou. Al was dit saam ouers en onder toesig, was dit KAMPERVARING. Ekt help tent opslaan, toe bietjie op laerskool toe my ours karavaan koop help kamp opslaan, toe my tent gekry en die opgeslaan, saam gaan shop vir kampgoed ens, van laerskool dae af het ek elkgeval meeste van ons vakansieplekke gesoek en besprekings hanteer. Soms was oorde bietjie moeilik omdat n kind bespreek... Ekt maar geneem van so 5 jr, maar dis eintlik al vroeer, maar ek kan nie veel onthou voir dit nie. Ek dink nie jy kan se jyt eers begin as volwassene ondervinding op doen nie, ek meen, my matriekvakansie was dan met my ouers se karavaan, ek en my vriende hond uit n bos gekamp! Was vir lank n gereelde instelling om saam skoolvriende te kamp. Maar soos almal trou en kleintjies kry, raakkanse vir saamkamp al minder
Ek sit nou en opsommings maak.
Ek sien sommige lede het kamp ervaring tot en met +/- bokant 40 jaar.
Is dit werklikke ervaring, uitgesluit skool en weermag?
Ek staan op 24 jaar, werklikke volwasse kamp uitgesluit skool en weermag.
Ek het begin kamp saam my ouers en familie vanaf 6 Jaar en daarna my weermag van 3 jaar en toe weermag kampe wat volg op volwasse kamp.
Sodoende moet ek sekerlik staan op 56 jaar ondervinding omrede ek nou 62 is.
Antwoorde sal help met my navorsing.
Ek sit nou en opsommings maak.
Ek sien sommige lede het kamp ervaring tot en met +/- bokant 40 jaar.
Is dit werklikke ervaring, uitgesluit skool en weermag?
Ek staan op 24 jaar, werklikke volwasse kamp uitgesluit skool en weermag.
Ek het begin kamp saam my ouers en familie vanaf 6 Jaar en daarna my weermag van 3 jaar en toe weermag kampe wat volg op volwasse kamp.
Sodoende moet ek sekerlik staan op 56 jaar ondervinding omrede ek nou 62 is.
Antwoorde sal help met my navorsing.
Ja. Hoeveelheid kampeer maak ook verskil. Lees op n ander draad n persoon wat net 2x sy karavaan gehaak het in 24 jaar
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Gesien ???
Ek het begin kamp na skool, aanvanklik in n tentjie. Ek is nie opgeroep vir diensplig nie en ook nie n Voortrekker nie, die kampery was dus my eie inisiatief. Ek en my vrou het ook aanvanklik met n tent kampeer. Sedert 1984 gebruik ons n karavaan. Ons het ook eenmaal n week lank in Brittanje met n tweemantentjie getoer vanaf Skotland tot by Londen. Dit was n reuse avontuur
Ja. Hoeveelheid kampeer maak ook verskil. Lees op n ander draad n persoon wat net 2x sy karavaan gehaak het in 24 jaar
My 1981 Caravette 4 het ek slegs 4x gebruik na 2de hands koop en verkoop met nuwe yskas en was seker die 15de eienaar.
Die wa kon moontlik 100de kampe gedoen het.
My 1994 Swift ook 2de hands en het ek baie lank gehad en volgens rekords was ek die 6de eienaar.
Moontlik het hy ook 100de kampe gehad.
Die 2001 Penta het ek 7 jaar gehad en volgens rekords, die 3de eienaar met sekerlik baie kampe van 1ste eienaar.
Die 2de eienaar ken ek persoonlik en was n erfstuk van sy skoonpa wat hom sleg 2x gebruik het.




