Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23089 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18484 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1351 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 359 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
DINOKENG OORDE - Afslaan en Uitvlugt
Sien bitter min lede wat nog oorde be oordeel op die forum, hierdie 2 blykbaar deel van die bewaringsarea as enige iemand dalk daar was en Info kan deel.
Bedoel jy Afsaal?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Skies, AFSAAL.
Dankie, het reviews gesien vir AFSAAL !
Op hierdie draad het ek paar fotos geplaas van Afsaal.....baie netjiese plek
https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Afsaal-Kamp.htm?forumaction=1&loadcategory=4277&loadpost=250066616&highlight=afsaal#ForumsAnchor
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Op hierdie draad het ek paar fotos geplaas van Afsaal.....baie netjiese plek
https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Afsaal-Kamp.htm?forumaction=1&loadcategory=4277&loadpost=250066616&highlight=afsaal#ForumsAnchor
Net verby Afsaal is Erasmus Boskamp.....ook n netjiese en rustige plek. Basies dieselfde fasiliteite as Afsaal....net swembad en geniet van rustigheid van natuur
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Rakende Uitvlugt. Ons was met n groep so 2 jaar terug by Haywards Game Lodge gewees. Een van die groep mense het my gevra of ek saam wil gaan om na Uitvlugt te gaan loer op n Saterdag oggend omdat dit om die draai van hulle is. Ek kon toe nie saam gaan nie. Die persoon was toe al gou terug....hy sê die grondpad soontoe is omtrent 6km lank.....by 3km het hy omgedraai omdat hy sê die pad was te sinkplaterig gewees en hy nie sy karavaan daarop sal sleep nie. Soos ek sê, dit was al meer as 2 jaar terug.....pad kan miskien nie meer probleem wees nie. Volgens website en facebook lyk dit vir my baie aangename oord te wees, maar was self nog nie daar nie....is ook nog op ons "To Do List"
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons het nou al so 7 maal daar gekamp.
Die plek word bestuur deur Oom George en sy seun Franco, maar Franco se vrou help ook graag waar sy kan - met ons laaste besoek was sy hoogs pregnant . Hulle woon in die huise reg langs die kampeer terrein. Mens kan ys en hout daar koop en hulle het ook een keer toe ek met die motorfiets daar gaan kamp het vir my Coke en 'n cooler boks gereël.
Die staanplekke is redelik naby mekaar, maar tog vêr genoeg dat dit nie 'n probleem is nie. Daar is 'n watergat naby die westelike grens draad wat gereeld deur die diere besoek word. Ons het al BWB, Rooibok, Koedoe, Zebra, Jakkals, Vlakvarke en renosters daar gesien. Op die webblad se tuiste sien ek die olifante was ook al daar, maar persoonlik het ek hulle nog nooit in Dinokeng gesien nie.
In die winter strooi hulle kos vir die diere al om die kampplek wat dan etlike bok spesies en zebras lok.
Om die swembad is daar 'n hele paar kleiner lapas (nie gras dakkies nie) gebou met tafels en sitplek waar mens kan kuier. Ook krag punte. Daar is ook klimrame en goed vir die kinders om op te speel.
Die grootste plus punt van die plek is sy ablusies. Dit is werklik eersteklas en uiters skoon en netjies. Die badkamers lyk amper soos perde stalle met deure wat sywaarts oop skuif. Elke badkamer (unisex) is toegerus met toilet, shower en wasbak. Waterdruk en warm water was nog nooit 'n probleem. Daar is ook ten minste een met 'n bad wat die vrouens baie geniet. Daar is 'n mop en 'n uitdroog toestel sodat jy die badskamer kan skoon/droogmaak as jy klaar is, alhoewel daar ook staf is wat die taak verrig.
Elke staanplek het sy eie ingeboude braai, sowel as 'n mobiele braai wat daagliks skoongemaak word. Jy word ook voorsien van 'n swart wheelie bin vir vuilgoed.
As jy bespreek word jy 'n skakel gestuur na hul whatsapp groep waarby jy dan aansluit om die reëls en regulasies te kry, wat jy dan weer na afloop van die naweek kan verlaat. Die hek kode ontvang jy die dag as jy rapporteer en jy gebruik hom tot jy vetrek.
Die hele kampterrein is omhein met elektriese heining en mens voel nooit bedreig of bang.
Hul tariewe is in lyn met ander kampplekke en jy ontvang 'n "loyalty" card waar jy nadat jy 10 keer daar gekamp het, een verniet kamp geleentheid kry.
Die enigste negatiewe kommetaar wat ek het - ons het daar gekamp laat Augustus/vroeg September, so die gras was nog nie lank genoeg om gesny hoef te word nie. Gevolglik was daai redelik pendorings wat kan moeilikheid maak sou jy in 'n grond tent slaap op 'n opblaas matras. As die wind reg (of is dit nou verkeerd) waai kan mens die plakkerskamp hoor by Dinokeng se ingang.
Die pad na Afsaal is in 'n goeie toestand en mens kan met 'n pad karavaan daar uitkom.
Dankie vir terugvoer, beslis op ons lys. Hele paar jaar terug seker so 2017 by Tambotie oorkant Willemsrus gekamp toe n trop olifante n draad platgetrap het en teen die grensdraad verby is, was angswekkend maar ook n asemrowende gesig. Dink Tambotie is nou n trouvenue met n nuwe naam as iemand dalk kan reghelp. Onthou in Dinokeng vra jy nie van watter kant hul reen kom nie, want dan kry jy n antwoord soos "uit die hemel uit" aangesien hy elke keer draai en vanuit n ander rigting kom !
Dankie vir terugvoer, beslis op ons lys. Hele paar jaar terug seker so 2017 by Tambotie oorkant Willemsrus gekamp toe n trop olifante n draad platgetrap het en teen die grensdraad verby is, was angswekkend maar ook n asemrowende gesig. Dink Tambotie is nou n trouvenue met n nuwe naam as iemand dalk kan reghelp. Onthou in Dinokeng vra jy nie van watter kant hul reen kom nie, want dan kry jy n antwoord soos "uit die hemel uit" aangesien hy elke keer draai en vanuit n ander rigting kom !
Laaste wat ek gehoor het, het Tamboti Vreugde nuwe eienaars gekry en plek se naam verander na Dino Tau toe. Ons wou toe daar bespreek, maar nuwe eienaar het laat weet hy neem nie nuwe bookings nie omdat al sy kragkabels gesteel was. Hy sou uitsort en laat weet....nie weer gehoor nie. Trou venue sal seker werk daar omdat daar reeds n kapel was
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜




