Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23092 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18486 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1352 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 360 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Bunk beds in a Penta?
Het iemand al bunk beds in n Penta in gebou?
Hi Werner.
In ons jare van kamp het ek nog nie so iets teegekom nie.
Maar jare terug, ek praat nou van 1990 tot 1994, het jy ook die Fleetline XL gekry. Onthou tot onlangs toe was daar net 'n Fleetline L.
Nou daai tyd se Fleetline XL het "Double Bunks"in gehad. Soos jy by deur instap was die Hoof Bed op die gewone plek waar die Penta se Dinette is. Dan draai jy regs en kyk binne na die agter kant van die Wa. Yskas aan jou regter kant soos die Penta en dan was daar 'n Double Bunk verder tot aan einde van die karavaan. (Dis nou aan die sypaadjie kant van die karavaan)
Heel agter in die middel van die wa teen agter kant was 'n klere kas en voor hom tot waar jy staan die paadjie. Links van die paadjie (pad kant van die wa) was 'n klein dinette waar mens kon sit en eet met die Penta kombuis na voor.
As jy op google fotos van so wa kan kry sal jy sien daar is twee langwerpige vensters aan die sypaadjie kant agter die as. Dis venster vir die bo en onder bed van daai Double Bunk.
Jy kan dalk daai idee gebruik sou jy jou wa binne wil verander. Ons het gekyk na die Fleetline XL met die koop van ons eerste karavaan maar is later toe baie bly ons het by die Penta gehou. Die kinders het vir eerste twee jaar binne die karavaan geslaap. So twee jaar daarna in die tent buite en later eerder hulle eie tente verkies.
Dis maar iets om aan te dink.
Ander idee om aan te dink is om tenminste een Bo-slaap bank teen die venster by die Penta se dinette te maak. Sal net werk vir 'n klein kiddie met twee ander wat op die plat gevoude dinette area slaap. Dis darem slaapplek vir 3.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek het ook die Idee om n enkel bed bo die bed by die deur in te bou. Maar wil nie die kaste verloor nie. Want ek het 3 dogters.
Ek ken die Fleetline XL maar hulle is baie oud nou.
Ander idee om aan te dink is om tenminste een Bo-slaap bank teen die venster by die Penta se dinette te maak. Sal net werk vir 'n klein kiddie met twee ander wat op die plat gevoude dinette area slaap. Dis darem slaapplek vir 3
Ek het al gesien dat mense daai Disc-o-beds bo op dinette banke gesit het
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
My Dogter het van 3 jaar oud af in haar eie tent geslaap, sy net gese by die huis het ek my eie kamer... gaan nie saam julle slaap nie, Ma het amper niks geslaap die eerste paar keer en baba monitor in die tent gesit dat ons darem kon volg wat daar aangaan as daar iets sou gebeur
Moes help tent en bed opslaan maar van daar af het sy die dekorasie werk gedoen met liggies en teddy bere etc en daar het sy gebly, moes later jare .. Boyfriend nou haar man het ook begin saam kamp in die tent tot ons die moes upgrade na Canvas dome met hulle eie stoep.
My Dogter het van 3 jaar oud af in haar eie tent geslaap, sy net gese by die huis het ek my eie kamer... gaan nie saam julle slaap nie, Ma het amper niks geslaap die eerste paar keer en baba monitor in die tent gesit dat ons darem kon volg wat daar aangaan as daar iets sou gebeur
Moes help tent en bed opslaan maar van daar af het sy die dekorasie werk gedoen met liggies en teddy bere etc en daar het sy gebly, moes later jare .. Boyfriend nou haar man het ook begin saam kamp in die tent tot ons die moes upgrade na Canvas dome met hulle eie stoep.
Dink ook my vrou sou nie slaap met 3-jarige buite in n tent nie. Wat vir ons beter gewerk het was n add-a-room...het dan karavaan deur oopgelos tydens die nag.
Op ou einde vlieg die tyd so vinnig...voel soms of hul dit skaars gebruik het, dan is hul reeds groot. Miskien dieselfde met idee om ekstra beddens in Penta te bou...voor jy jou oë uitvee, soek hulle hul eie tent
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Hulle het so n dubbel een gebruik op dinette area

Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Weens die kassie bokant die Dinette kan mens die bo slaap gedeelte weg van die voorste venster maak, maw die bunk gedeelte is nie onder die kassies nie en jy het steeds die lig voordeel dan vir al 3 die slaap plekkies.
Ek sou net 'n raam uit SQ-tube gemaak het vir kop en voete end en twee pype met die hangmat matras tussen in. Ek sal dit in eers vas sit in die wa nie, sodat dit maklik verwyder kan word as dit nie meer gebruik word nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ja ek dink ook om so Bunk te bou met SQ Tube net onder die kassie van die Dinette. Want dan kan ons nog by die kassie uitkom vir die klere.
Sal eintlik daarvan gehou het om n Disc o Bed daar te sit.
Ek het eers op 15 jaarig die baba monitor in my dogter se tent gesit.
Paul
Net om terug te kom op die onderwerp... Darem 5 jaar oud die keer en te trots op haar tent by Weesgerus

Ja kyk Theo, as die kleingoed eers agter gekom het dat 'n eie tent is baie lekkerder as Pa en Ma se tent is die koel deur die kerk.
Dan is die kamp saadjie goed geplant.
My seun en dogter het ook nou al elkeen hul eie karavane.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !


Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Kyk nou net. Waar 'n wil is, is 'n weg.
Dit lyk heel chapperig.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !




