Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23024 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6706 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2184 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1424 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 567 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 325 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
ATKV Drakensville terugvoering
Ons het begin Januarie hierdie oord besoek....my kortlikse opsomming van ervaring: Toegangs roete tot staanplek is teer/paving. Die ontspannings geriewe is genoeg....koue en warm water swembaddens, super tube, putt-putt, klimrame vir die jonger kinders. Ontspannings geriewe was aangenaam om van gebruik te maak, behalwe vir die diere afdeling wat maar vreeslik verwaarloos is. Personeel was deurgaans vriendelik. Ablusies was skoon, maar volgens my te min.....moes elke oggend in ry staan om toilet te sit en in ry staan om te stort. Water was darem heeltyd warm. Het deurgaans veilig gevoel. Winkel op oord bied relatiewe groot verskeidenheid van items....selfs vleis, maar is maar beperk tot keuses. Daar is ook n drankwinkel op die oord beskikbaar. Daar is basiese wegneem/sit etes beskikbaar soos toebroodjies en hamburgers by winkel. Vir groter etes is daar n restaurant wat heerlike kos voorberei....tot lekker pizzas. Hulle buffet ontbyt is aan te beveel. Daar het deurgaans n lekker vakansie atmosfeer in oord geheers. Die staanplekke is nie soos hulle op sommige fotos wys nie {lower groen grasperk staanplekke nie} Basies almal is op paving vierkante. Waarde - gemiddeld binne seisoen. Daar is klomp staproetes waarna mens kan ry vir die dag soos by Mahai onder andere. Eskom toer is blykbaar ook aan te beveel....ons het dit egter nie gedoen nie. Sterkfontein dam kan ook binne gerieflike afstand besoek word as dag uitstappie. Sal oord kan aanbeveel vir mede kampeerders....hierdie oord is tipies dieselfde as Klein Kariba en Buffelspoort, so as julle van diè plekke hou sal julle ook van Drakensville hou.
Ek plaas paar fotos
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Karavaan Park..
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Bar, restaurant, winkel
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Baie dankie vir ordentlike terugvoer.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Kapel op die oord.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek was nog nooit daar nie. Alhoewel die fasiliteite baie goed lyk het ek gehoop dit is eerder in die Drankensberg as op die rant iewers.
Wil amper sê dis lekkerder om by Drieberge te gaan kamp.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie vir terug voer
Leon, ek wil met jou saam stem.
Ons het 2017 oppad KzN toe, daar oornag en sou met die terug keer weer daar oornag. Ek kan nie juis my vinger op 'n spesifieke klagte lê nie, maar die plek staan ons nie aan nie. Het met die terug keer by Pyrimad oornag.
Daar is meer bome en gras by die vaste verblyf as in die woonwapark. Hulle sorg ook vir die grasperke rondom die kapel en steur hulle nie aan die staanplekke nie.
Ek dink die wind gaan jou goed roer in daardie oop vlaktes.
Was ook daar in Des 2015 en kan nie se wat pla nie was skoon en netjies maar sal nie weer terug gaan nie. dink ook maar die niks gras en wind het my afgesit. Ek weer mal oor Hlalanathi.
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
Ek het dieselfde gevoel as oa Chris. Ek dink dis die karavaanpark self. Die is nie juis gesellig nie. Die plek waar jou karavaan staan, maak of breek in hoofsaak jou genot en hierdie een is nie juis te groot nie. Miskien moet hulle baie meer bome plant, soos by Goudini. Die res van die oord is wel heel gesellig met baie om te doen. 'n Besoek aan die ESKOM hidro-elektriese skema is deur en deur die moeite werd.
Ek sal bietjie kyk hoe lyk fotos van Hlalanathi en dan die twee teen mekaar opweeg.
My vrou wil vreeslik graag in die Drakensberge gaan kamp maar ek soek iets beter as dit.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
So paar foto's van daar
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
Ek dink die kleinste ding daar het my die meeste afgesit daar. Ek het shakes gekoop by die winkel {Prysig} Toe ek vra vir n strootjie, sê hulle dit kos 60c ekstra....hulle hou die strootjies agter die toonbank en gee dit eers as jy jou 60c betaal het. Ek het verkies om toe my shake maar sonder strootjie te drink.....nie oor die 60c nie, maar beginsel
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons het een van ons langste opslaan uitstapies nog daar gehad oor wind.
(het niks met ratings tedoen en nie dat die wind elke dag gewaai het nie.)
Geert soos ek maar genoem het ATKV is maar vir my algemeen 'n pyn..
MAAR om die balans te behou, die oord bied darem sy onderdak swembad en fasiliteite, maar ja, ek is ook een wat reken ek sal net daar staan as vrou en konders swembad soek en dis dit.. Verder is ek ook nie mal oor Drakensville nie, maar kon darem aanbeveel as jy die fasiliteite soek.
As jy die BERGE en die VIEWS soek. Is Mahai die plek met jou karavaan.
Hlalanathi is mooi, maar ongelukkig is die mooi view van daai berg vir een of 2 staanplekke beskore en NET as daar nie wolke is nie, die res sien jy hoe was mense klere in die rivier en die naby gelee "bewonings" wat jou view baie belemmer en maar moeilik maak.
Hlalanathi het wel die golfbaan, baie lekker daarso. Ek sien die glybane het gewerk die jaar. Die restaurant het ons besoek. En Hlalanathi is heelwat nader aan plekke om te stap by Mahai.
MAAR elkeen het sy plek, as ek die BERGE soek, is dit Mahai. AS ek net 2 nagte verby gaan en kinders soek dalk swem ens dan tussen Drakensville en Hlalanathi.. Maar niks beat jou views en ervaring van die berge soos Mahai nie. Drakon Peaks is ook lekker maar jy moet ook maar spesifieke staanplekke he om mooi uitsigte te kry...
Dankie vir die deel, sowel as die ander bydraes, wat verskillende opinies gee...
Good value for money if they do not charge a minimum of R800 per night for 6 or 2 people only. Facilities good but site too far from mountains and not a romantic atmosphere. Njasuti preferable and Hlalanati limited viewsites and river runs thru a location.Dragon peaks has the facilities and Mountain Splendour popular. Our best is Cobaham outside Himeville but no electrics on sites.
Ons kamp die laaste paar jaar oor Kersfees by Drakensville en verlede jaar by Hlalanathi. Kan julle verseker Hlalanathi het nie gelyk soos Ski se fotos nie. Ons het op staanplek 10 gestaan met rivier en berg uitsig.
Die supertube het party dae nie gewerk nie en die swembad is toegemaak ontydig. Die water was ook baie koud.
Dit was baie warm en droog so dat daar nie gras was nie kan ek verstaan. Ablusie blok ook nie voldoende vir hoeveelheid mense. Dan het daar 'n groot groep mense oor die paatjie na die ablusie gekuier en ons moes deur die tente loop.
Mens maak kamp so lekker as jy kan en moet maar aanpas maar ons keuse is Drakensville veral met die kleinkinders.
Ekt klomp fotos op my draad van die Hlalanathi plek waar ons was Desember 2017...
