Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23025 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6706 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2185 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1425 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 569 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 326 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Roete van Malelane hek tot Satara
More almal.
Ons beweeg die 28st van Pretoria na Satara. Ek het beplan om die N4 te vat tot by Makelane hek en dan is dit die H3 tot by Skukuza, die H1-2 tot net anderkant Tshokwane en dan reguit op met die H1-3 tot by Satara. Gister het n kolega vir my gese een van hierdie roetes is daar n stukkie waar mens van die pad af n ompad vat omrede skade van die vloed, die ompad is blykbaar baie sleg en sy raai aan om met die karavaan eerder die N1 Via Pietersburg tot by Orpen te vat en dan daar in Satara toe. Is enige iemand bewus van die ompad daar en is dit ook julle aanbeveling?
'n Vriend van my het verlede Vrydag gesleep Orpenhek toe. Hy het die Dullstroom-Lydenburg-Hoedspruit gery. Volgens hom was dit baie sleg met slaggate.
As jy eerder Pietersburg- Tzaneen om wil sleep, gaan dan sommer by Phalaborwa hek in, en dan via Letaba na Satara. Maak net seker die brug net noord van Letaba is voltooi en oop vir verkeer.
As jy moet afkom na Orpen hek, ry eerder Tzaneen na P.Borwa dan na Mica en dan Hoedspruit. Die Gravelotte na Mica kortpad moet mens blykbaar ook vermy.
Dankie Wessel. Ek het verneem die brug by Letaba is nog onder konstruksie. Ek sal eerder die N4 wil vat. Hoop net die teer pad in die park is nog reg en daar is nie slegte "loops" op die pad gemaak. Ek gee nie om om die "loops te vat nie, maar dit moet darm gepaslik wees vir n gewone karavaan. Dankie vir jou raad 👍
Ons was 2 weke terug in die wildtuin. Daar is niks omroetes tussen Malelane - Skukuza - Tshokwane en Satara nie. Daar is 3x tussen Lower Sabie en Skukuza, maar is kort en baie maklik rybaar met enige karavaan
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dis mos nou goeie nuus daai!!! Baie dankie Geert. Ek hoop julle het n lekker tyd gehad, ek kan nou nie meer wag nie!
Dit is vir my n dubbele genot. Die Wildtuin is my gunsteling ontspanning en ek gaan die Santa fe met my Raven ook vir die eerste keer saam gebruik. My vorige motors was maar pap in die broek, so ek sien uit na die sleep ook!
Ons was 2 weke terug in die wildtuin. Daar is niks omroetes tussen Malelane - Skukuza - Tshokwane en Satara nie. Daar is 3x tussen Lower Sabie en Skukuza, maar is kort en baie maklik rybaar met enige karavaan
Paul Mulder het ook daai pad vanaf Satara na Berg en Dal gesleep met sy Exclusive 2 weke terug.....hy sal ook kan vevestig
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dis mos nou goeie nuus daai!!! Baie dankie Geert. Ek hoop julle het n lekker tyd gehad, ek kan nou nie meer wag nie!
Op die N4...die Schoemanskloof pad het 2x STOP/GO gehad met amper die hele roete padwerke...besig om pad te verbreed. Ons het terug pad die Waterval Boven roete gery, daar was geen padwerke.
Dan die kloof gedeelte tussen Nelspruit en Malelane is padwerke...enkel laan. Maar beide keer het hy lekker gevloei....stadiger omdat jy nie trokke kan verbysteek nie, maar nie baie ekstra tyd geneem nie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie vir die Schoemanskloof "tip" sal Watervalboven omry 🙌
Ons was 2 weke terug in die wildtuin. Daar is niks omroetes tussen Malelane - Skukuza - Tshokwane en Satara nie. Daar is 3x tussen Lower Sabie en Skukuza, maar is kort en baie maklik rybaar met enige karavaan
Net soos Geert sê. Maar met die laaste swaar rëen ń week terug kan dinge verander.
Die beste is bell Skukuza of Satara kamp en vra hulle. Ek sal ook die EW in Satara vra.
Paul
Watervalboven is ń beter keuse.
Lydenburg Dulstroom is sleg.
Paul
Dries ek sal by Krokkodil brug ingaan dan Laer Sabi dan oor die brug by Laer Sabi tot by Tshokwane dan Satara .
Dries, gaan eerder by Malelane hek in. die GROOT steenkool en erts trokke raak 'n pyn hoe nader mens aan Komatiepoort kom. Veral as hulle begin opdam langs die N4.
As jy wel by Krokodilbrug wil ingaan, moet jy die Ten Bosch omrit neem. Net voor Marloth draai jy regs vir Komatipoort/Krokodilbrug. Jy mom tussen Komatiepoort en die hek in die gewone pad.
Malelane tot by Satara is teer pad all die pad en baia veiliger om te ry.
Dit is bevestig met die EW’s by Satara. Jy ry oor die Sabie en Sand lag water brue of jy kan die Alfa grond loop vat en oor die hoog Water brug ry.
Paul
Malelane na Satara via Malelane hek, Skukuza, Tshokwane, Satara: 3h 52min, 168km.
Malelane na Satara via Krokodilbrug hek, Lower Sabie, Tshokwane, Satara: 3h 53min, 184km.
Reis tyd gaan verskil afhangende van sightings oppad.
Op die ou einde gaan dit seker gaan oor gunsteling pad waarvan jy hou vir wildsbesigtiging. Malelane hek opsie is meer km in die wildtuin
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dus veiliger en lekerder.
Paul
Ja ek gaan by Malelane hek ingaan. Van Malelane af verderaan na Krokedilbrug raak daai trokke en Taxis daar by die informele settlement net anderkant Malelane laf met hulle bestuursvernuf, so wil daar af kom so gou moontlik. Laas week was daar 2 erenstige ongelukke op RSG gerapporteer.
As ek reg is onthou ek is daar n klein ompad-gedeelte, so ent anderkant Laer Sabie waar die pad met die laaste groot reent weg gespoel het wat laasjaar nog steed nie reggemaak was nie. Ek wil nie met die karavaan daai ompaaie vat nie. So ja nee, ek is dood gelukkig met Malelane Hek
Dries die 2 ompaaie tussen Skukuza en O Sabie is baia goed. Ek het al 2 keer die Exclusive deur gevat. Geen probleem nie.
Paul
