Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23025 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6706 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2184 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1424 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 568 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 325 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Pretoria na swadini
Het Willie se bydrae oor roete Gravelotte na Mica gelees.
Wat sou die beter roete wees Pretoria na Swadini. Onlangs gery na vloed skade
Ek sal Noorde se rigting om ry. Pietersburg Tzaneen Hoedspruit. Die pad is eintlik baie lekker.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Kyk op bladsy 2 van aktiewe onderwerpe, "Die regte pad wildtuin toe" Daar was baie gesels oor die opsies Swadini of Orpen hek toe.
Ek dink daar is ooreenstemming dat die pad Dullstroom-Lydenburg-Origstad -Swadini vermy moet word.
Alternatief kan wees;
N4 tot by Montrose, dan R37 na Sabie, dan R532 na Graskop, dan al die pad tot dit net voor Strydom tonnel by R36 aansluit, daar regs vir Swadini. Ek het dit self lange jare laas gesleep.
Na vanaand se nuus is die Orpen roete nie meer rybaar nie want die pad het verspoel. Phalaborwa of Kruger/Phabeni hekke is nou die enigste roete.
Ek sal Noorde se rigting om ry. Pietersburg Tzaneen Hoedspruit. Die pad is eintlik baie lekker.
Hoe is die roete deur die informele nedersettings tussen Tzaneen en Hoedspruit? Is daar klomp robots, stoppe, spoedhobbels ensovoorts?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ja daar is 'n robot of twee, en spoed hobbels maar die verkeer is amper weglaatbaar min en die pad is regtig mooi wat ek kan onthou.
Ek kan detail kry by my broer sou iemand regtig daai detail wil he. Want hy ry daai pad tenminste eenkeer n maand na sy kliente toe.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Daar was geen nedersettings [informele] op die pad wat ek gery het nie. Ek het van Tzaneen na Gravelotte, toe na Mica en met R40 na Hoedspruit gesleep.
Is daar informele nedersettings op die R36 roete, direk van Tzaneen oor Trichardsdal tot by aansluiting by pad van Orighstad na Hoedspruit.? Ek het nog nooit dit gery nie.
Onthou Shortie wil net Swadini toe ry, nie Orpen hek toe nie.
Die pad tussen Gravelotte en Mica, het in Febr weggespoel en is nie rybaar met n padkaravaan ,jy ry vir baie vêr langs die pad .Ek sal nooit daai pad ry met my karavaan ,maar weereens elkeen se keuse .Ek ry die 2 de Mei Swadini toe vir 4 maande ,op die staduim is daar vir my net een pad Pietersburg ,Magoebaskloof ,Tzaneen dan op die Leydenburg pad wat deur DIE OAKS gaan ,jy kry dan tot by aansluiting by pad wat vanaf Abel Erasmus pas se kant kom, draai daar links en gaan dan oor die Blyderivier so 3 km vandaar draai regs en ry dan tot jy Swadini afdraai kry .Enigste rybare pad met n karavaan op die staduim .Hierdie is my 42 ste jaar agtereenvolgens wat ek gedurende die winter Swadini toe gaan .
Willie, gee asb die nommers van die paaie wat jy aanbeveel. Ek sal dit ook wil gebruik om hetsy Swadini of Orpen hek toe te ry in die toekoms.
Wil bevestig of ons van diedelfde pad praat wat verby Trichardsdal gaan, die R36. mens kan volgens padkaart ook by Letsitele regs draai om daarop te kom.
Dit is die R 36 .Jy kan by Letsitele ook wegdraai ,maar die pad vanaf Tzaneen tot by Letsitele is ook sleg, het blykbaar klomp lelike Potholes.Ons het vriende wat in Tzaneen woon ,en sy seun woon in Leopardsrock dit is n reservaat tussen gravelotte en Mica hulle ry daai pad baie na sy seun toe, ,maar net met sy bakkie ,hy beveel dit gladnie aan vir n karavaan .Ek het die afgelope 8 jaar wat ek Swadini toe ry, altyd Tzaneen ,Gravelotte ,Mica gery dit was n baie mooi pad ,maar die reën het groot skade gemaak daar. .Ons het vroeër jare via Dullstroom ,Leydenburg ,Orighstad gery dit is die kortste pad ,maar die afgelope paar jaar baie sleg .
Ek gaan die R 36 volgende Saterdag die 2 de Mei ry ,dan sal ek op die groep sit wat is die toestand van die pad .
Ek het gou met my goeie ou vriend in Tzaneen gesels. Hy verseker my dat die R71 tussen Tzaneen en Gravelotte is in 'n uitstekende toestand. En wat die pad tussen Gravelotte en Hoedspruit via Mica aanbetref, is dit ook in 'n goeie toestand behalwe vir 'n stukkie swak padoppervlak by die Olifantsrivier naby Mica. Hy verseker my dat hy met vrymoedigheid daarlangs sal sleep. Hy en sy seun ry daardie paaie baie vir hulle besigheids-doeleindes. Die pad tussen Tzaneen en die T-aansluiting (is dit R46?) na die Strydom-tonnel is egter 'n "no-go".
Ek het nie 'n keuse nie. Ek kom 25 Mei uit die wildtuin by Phalaborwa. Ek ken dan net een pad, die R71 tot in Pietersburg.
Dit is wat hierdie groepe so voordelig maak, die uitruil van kennis en inligting
Geen probleem soos ek sê elkeen se keuse .Ek gaan R 36 ry die 2 de Mei
Baie dankie vir terugvoer. Willie ons wil ook middel Mei vir n tyd Swadini toe gaan. Het ook altyd Gravelotte Mica gery op aanbeveling van Geert. Die pad was puik.
Sal bly wees oor jou terugvoer.
Willie ander onderwerp, watter netwerk gebruik jy by Swadini. Ek het Rain probeer met geen opvangs.
Môre Chris die Internet in Swadini karavaan park is maar baie swak .Ek gebruik Vodacom ,maar die klein Routers werk nie daar ,ek het n groot Huawei 4 G Router hy werk beter .Daar is van ons langstaan mense wat Pointing antennas ook nog gebruik .Ek sal bv nooit my Televisie op internet gebruik dit is n fustrasie ,ek gebruik n klein kamp dstv skottel met n Explora met sukses .
Dankie vir inligting Willie ek waardeer.
Ek gaan die R 36 volgende Saterdag die 2 de Mei ry ,dan sal ek op die groep sit wat is die toestand van die pad .
Hi Willie...hoe was die R36 pad gewees?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Het laas week met my broer gepraat wat daai pad gereeld ry na sy kliente toe.
Hy het bevestig die pad is chapperig dis net die 80km/h oor groot gedeelte van die pad vanaf Pietersburg wat 'n irretasie kan wees.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Lyk my Willie kamp so lekker hy het vergeet van terugvoer gee.
