Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23089 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18484 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1352 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 359 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Penta 4 Exclusive
Goeie naand
Ek oorweeg om my Penta in te ruil vir n Exclusive
Het enige iemand so bietjie advies?
Ek dink dis meer van persoonlike behoeftes. Penta is n baie nice karavaan, maar as jul behoeftes meer raak soos vir n badkamer aanboord, dink ek dis n goeie skuif.
Ons behoeftes tans is om geen kombuis of aanboord badkamer te hê nie, maar sal seker later in ons lewe verander en n vereiste word.
Ek dink veral as iemand besluit op lank staan is dit n goeie opsie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ryno, oorweeg mooi julle behoeftes en spesifikasies, soos;
stoorplek by huis
hantering van 4 wiel wa, 'n Clasique het ook vol badkamer
padwa teenoor boswa, daar is baie boswaens wat ook aanboord badkamers het, en geharder is vir ons swak teerpaaie.
Benodig jy 'n swaarder sleepvoertuig as julle oorslaan na 'n Exclusive??
Geniet die oorwegings, die rondsnuffel en aanskaf van 'n ander wa.
Ons het beide gehad.
Penta is ń lekker famielie vakansie woonwa. Die Exclusive is ń huis op wiele vir kort of lank staan.
Paul
Hi Ryno
Ons het vanaf Fleetline oorgeskuif na die Exclusive weens die behoefte aan n vol badkamer en nog steeds slaapplek vir die Kinders / Kleinkinders binne die wa indien nodig.
Ja, die 4 wiele draai wyd, maar die wa sleep lekker.
Stoorplek se dak opening moet hoër wees as vir die Penta, maar die Exclusive is nie soveel langer nie.
Geniet die soek - ek hou We Buy Cars dop ook vir Specials? Weet nie wie al daar gekoop het nie, maar pryse lyk baie goedkoper. Met tye is daar 15 Exclusives gelys en ander male 4.
Gaan vir die Exclusive - jy sal nie spyt wees nie. Die ruimte en die aanboord badkamer, spasie, veral wanneer dit reen, ens, maak kampeer soveel gemakliker.
Ryno, kyk bietjie op die advertensies van die forum, onder gebruikte pad en boswaens. Daar word tans Exclusives en lieflike groot boswaens adverteer.
Hi julle
Ag baie dankie vir elkeen se kommentaar.
Raad kan altyd baie help
Ek het die regte stoor plek en ry n 2018 Fortuner 2.8gd6
Glo dit sal reg wees
Is movers n moet?
Op n 4 wiel wa sal ek persoonlik se dat ten minste 2 x Movers n moet is. 4 x Movers maak dit net makliker.
Jy kan nie op n tiekie draai met die 4 wiele soos net jou Penta nie.
Ek het 4 x Ewiks movers en is happy met hulle. Kort draai is nie moontlik vir my.
Hi julle
Ag baie dankie vir elkeen se kommentaar.
Raad kan altyd baie help
Ek het die regte stoor plek en ry n 2018 Fortuner 2.8gd6
Glo dit sal reg wees
Is movers n moet?
Jy sal nie 'n fout maak om na die Exclusive oor te gaan nie. Ek self sleep tans een en die wa is lekker gemaklik.
Rakende die rond skuif van die wa sal ek dit hoogs aanbeveel. Ek kannie vir jou sê watse Mover om te koop nie maar hier is my ervaring.
As jy enige ander mover koop as die Powrtouch is dit raadsaam om vir beide aste 'n stel op te sit.
As jy bereid is om die Powrtouch Mover te koop is net eenstel genoeg saam om die werk te doen.
Die Sensation Maia wat ons gehad het was 'n dubbel as wa met 'n BVM/GVM van 2200kg en daai Powrtouch Mover het sonder probleme daai wa skuif net waar ons hom wou hê.
Die Exclusive wat ons nou het is daar 'n dubbel stel Motor Mover SA op en dit bring die wa waar ons hom wil plaas. Sonder 'n Mover sal ons met die sleep voertuig die wa moet skuif waar ons dit wil sit. Dis voorwaar nie 'n maklike werk sonder 'n mover nie.
Jy sal moet rond shop vir die Mover. Iets wat ek nou kan sê is dat 'n dubbel stel van 'n ander maak Mover se prys gaan jou elkgeval naby bring aan 'n enkel stel Powrtouch.
Dubbel stel enkel stel dis maar vir jou om te besluit.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ryno, maak net seker van jou Fortuner se lisensiegewig [Tarra] en die BVM van 'n Exclusive. Die woonwa se BVM moet minder of gelyk wees as die Fortuner se lisensiegewig.
Daar was blykbaar 'n tyd wat Fortuners glo baie lig was.




